Thursday 31 December 2015

PSALM 2: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 2: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

 

© SA Bybelgenootskap.                                         Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

STRYD EN OORWINNING VAN DIE MESSIAS.          GOD DIE OORWINNAAR.

 

Psa 2:1  Waarom woel die nasies                     Here, waarom het die wêreld gek geword?

en bedink die volke nietige dinge?                    ons is bang vir oorloë,

                                                                                  en gerugte van oorloë:

                                                                                  die onheil pak ons behoorlik beet.

                                                                                                            

                                                                                                                                                                                                                                                                                

 

Psa 2:2  Die konings van die aarde staan gereed,   Die wêreldleiers wil nie na U luister nie,                                                          

en die vorste hou saam raad                           want hulle verwerp U gebod, daarom sê hulle:                                                                                                                                                                   

teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:               

                                                                           

 

Psa 2:3  Laat ons hulle bande stukkend ruk        “Kom ons maak net soos ons wil,  

en hulle toue van ons afwerp!                                   want nou is ons die baas.”

                                                                                  

                                                                              

 

Psa 2:4  Hy wat in die hemel woon, lag;         God, U is verbaas oor hierdie                                                                           dwaasheid                          

die Here spot met hulle.                                      omdat hulle die dood bo die lewe verkies                                                                                                                                                         

                           

Psa 2:5  Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn,   U, in Jesus Christus, nooi hulle  liefdevol   

en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:           uit om hulle te bekeer  en U gebooie                                                                          

                                                                                       te gehoorsaam.              

 

            

Psa 2:6  Ek tog het my Koning         U het U seun, Jesus, op Golgota as Koning gekroon.

gesalf oor Sion, my heilige berg.     Hy heers oor die ganse aarde.                     

 

                                                         


 

Psa 2:7  Ek wil vertel van die besluit:       Reeds by die doop, daar in die Jordaan, het U

                                                                          Gesê:                                                                      

Die HERE het aan My gesê:                        “My Seun, het vlees geword

U is my Seun, vandag                                    en die Gees woon in Hom:                                 

 het Ek self U gegenereer.                             luister na Hom:

                                                                  Sy Koninkryk bring nuwe hoop hoe om reg te lewe.                        

 

 

Psa 2:8  Eis van My, en Ek wil nasies gee                     Hy het na sy eiendom gekom,

as u erfdeel en die eindes van die aarde                       om oor almal regverdig te regeer,

 as u besitting                                                   sodat daar blydskap kan kom oor die hele aarde                    

                                                                        .

 

.

 

Psa 2:9  U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf,               Maar eers by die wederkoms

U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.        sal daar ‘n volmaakte vrede aanbreek.”

 

                                                                             

 

Psa 2:10  Wees dan nou verstandig, .                Intussen: wees wys regeerders:

o konings; laat julle waarsku,                             bekeer julle en aanvaar Sy koningskap.

o regters van die aarde!

 

 

Psa 2:11  Dien die HERE met vrees,         Regeerders van die wêreld

daarom erken dat Hy Koning is                      lees die tekens van die tye:

en juig met bewing.                                    Jesus Christus se regering is reeds van krag,

 

 

Psa 2:12  Kus die Seun,                                          gehoorsaam die Gestuurde van God,

dat Hy nie toornig word                                      want hierdie wêreld smag na gelowige leiers                                                                                      

 en julle op die weg vergaan nie;                          wat met regverdigheid

 want gou kan sy toorn ontvlam.                           sal regeer.

Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!              Geseend is die gelowige regeerders van die aarde

 

 

ONS BESOEK TEXEL, JAN VAN RHIEBEECK SE VETREKPUNT NA SA.


ONS BESOEK TEXEL, JAN VAN RHIEBEECK SE VETREKPUNT NA SA.

Met ons laaste besoek aan die kinders en kleinkinders in Ierland, 'n paar jaar gelede, het ons besluit om Texel in Nederland te besoek. Dit is die eiland nefens Nederland van waar onse Jan vandaan vertrek het. Gelukkig is die kinders en kleinkinders terug in SA.  Ons vlieg toe met KLM. Hollands verstaan ons en die af en oorklim op Amsterdam se Schippol was heerlik. Ons geniet die bekende klanke. Die treine daar is tops. Van Schippol na die Amsterdam se stasie. Daar aangekom stap ons uit op die straat wat reguit in die winkels uitloop. Ons geliefde oorsaaklikes is ‘n groep van hulle eie. Sommige wil terugpraat as ons Afrikaans praat ander slaan oor na Engels, want hulle dink ons probeer Hollands praat en dit klink nie wel nie. Afrikaans klink soos ‘n mankoliekige dialek wat hulle nie kan hanteer nie.

Hoe dit sy, ons is terug op die stasie. Nou na den Helder by die kus. Die dubbeldekker trein vaart goed. Ek dink aan HM Kuitert, Hollandse Teoloog, se Boek: Niemand vaart wel zonder gelooft. Jy het geloof nodig met sommige Nederlanders. By den Helder op die boot na Texel.  Nie lank nie en ons is by die gaste huis. Alles wel, maar die ontvangsdames kan nie glo dat wittes uit Suid Afrika wat bykans Nederlands praat hier voor hulle staan nie. Hulle glimlag hoogvaardig. Amper soos wat ek gevoel het toe ‘n Afrikaanse seun by ons plattelandse skool uit Kenia daaraan gekom het. Ons het hom as agterlik beskou. Miskien het die Hollanders ons ook so beskou en ervaar met die snaakse Afrikaans.  

Ons sien toe die seekanaal tussen Nederland en die eiland Texel vanwaar Jan van Rhiebeeck gevaar het. Nouja ‘n doodgewone seekanaal met duike en ‘n oester kwekeryplaas daar in die middel. Die dag was die see kalm. Arme Jan Van Rhiebeeck moes daar geduldig wag totdat die wind die seile gebol het om die ou te laat vaar. Onse Jan was vir baie die volksplanter, deesdae hoor ons die man is die oorsaak van al SA se probleme. Ek weet nie hoe voel die wittes oor ons geliefde nie. Sommige verwens hom seker dat hy ooit gekom het, ander is neutraal en vir sommige is die geagte nog die volksplanter.  As Jan in sy graf kon omdraai sou hy seker?

Maar toe voel ek tog regtens en onregtens geroep om my hou in te kry. Kyk die Nederlanders is tog die oorsaak dat ons aan die Suidpunt van Afrika sit en ons diaspora op ander plekke op aarde is.  Ons stap toe saam met ‘n groep Hollanders op die skone, mooi versorgde en rustige eiland na die vuurtoring as besienwaardige saak. Met die stap daarheen vermaan my vrou my om tog die onderwerp te laat, maar hardkoppig laat ek dit nie. Eerstens laat ek hulle verstaan dat hulle die oorsaak is dat ons met die verswakte taal  in Suid Afrika is. Ek het toe pas ‘n goed gedokumenteerde boek oor die VOC in hulle winkel op die eiland gekoop. Dat die NG Kerk duidelik in die Boek vermeld word as die Kerk van die VOC. Ja, die NG Kerk was destyds die naam van die Kerk wat saam met die VOC na die Ooste is. En hier by ons aan lande gekom het. Hulle is die oorsprong van ons kerk se naam. Maar tweedens sê ek dat ek dit jammer gevind het dat mnr Joop den Uyl hulle vorige Premier ons fel gekritiseer het, oor ons asof ons ‘n objek was, gepraat het. Ons is tog die produk van de gulde eeuw? Hoekom het hulle nie met ons gepraat nie. ‘n Ouer kon eerder langs ons kom sit het en rustig détente met ons en almal in SA kom gesels het. Vandag doen ons dit weer in SA. Ons praat oor mekaar en nie met mekaar nie. Ons sit nie rustig en praat die pyne uit nie. Ons stryk nie dinge uit nie, maar beduiwel alles.

Kyk die Hollanders wou nog iets opper toe plant ek so dink ek die uitklophou. Ek herinner hulle aan ons briljante Hollandsgebore Premier Verwoerd en toe is die spul tjoepstil. En toe het ek my hou op voetsoolvlak ingekry oor hulle hovaardige houding jeens ons. My vrou is toe nie gelukkig met my nie.    

Wednesday 30 December 2015

JY VERDIEN DIE BESTE IN 2016. BLYDSKAP EN NET DIE BESTE VIR JOU!

Jy verdien die beste wense vir 2016. Jy is God se besondere mens.
Ons kan nie 2016 voorspel nie. Maar jy as begenadigde, al voel jy hoe oor jouself, moet weet jy is besonders in sy oe. Daarom maak nie saak waar jy op die aarde woon nie jy is toegerus om sukses en telleurstellings te hanteer. Die goeie Gewer het dit verniet aan jou geskenk.
Vra altyd vrae in 2016. Oefen meerderwaardige keuses en nie minderwaardige besluite in 2016 uit nie. Dink altyd kreatief in 2016. Vul jou gees met geestes sowel as geestelike stof in 2016. Ontspan: God en die aarde is wonderlik.

PSALM 1: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK


PSALM 1: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

  TWEE WEË                                                                                 GOD SE WEG.    

 

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

 

© SA Bybelgenootskap.                                         Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Psa 1:1  Welgeluksalig is die man                Gelukkig is die mens wat uit genade deur

                                                                          Jesus Christus gered is, daarom

wat nie wandel in die raad van die goddelose  word slegte raad verwerp

en nie staan op die weg van die sondaars     en word die navolging van sonde vermy

en nie sit in die kring van die spotters nie;       en word Godvererende vriende verkies.  

                              

Psa 1:2  maar sy behae is                               maar uit dankbaarheid                                                                                   

in die wet van die HERE,                                 word die wet van die Here nagevolg,

 

en hy oordink sy wet dag en nag.              en is die daaglikse lees en introspeksie                                                      

                                                                  van die Woord van die Here genotvol.         

 

Psa 1:3  En hy sal wees soos ‘n boom  Gevolglik is die geredde mens soos ‘n vrugteboom

 wat geplant is by waterstrome,              wat by water is

 wat sy vrugte gee op sy tyd                   wat vrugte van die Heilige Gees dra

en waarvan die blare nie verwelk nie;    en die reuk van die Evangelie  versprei;

en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.          en geestelik geseënd is.

 

 

Psa 1:4  So is die goddelose mense nie,  Maar mense sonder God  is verlore,

maar soos kaf wat die wind verstrooi.        hulle is ankerloos.

 

Psa 1:5  Daarom sal die goddelose         want hulle sal nie God

nie bestaan in die oordeel                        se regverdige oordeel kan vryspring nie:                        

en die sondaars                                         eredienste, saam met ander gelowiges,

in die vergadering van die regverdiges nie.  is vir hulle ondenkbaar.

 

 

Psa 1:6  Want die HERE                  Inderdaad: God het deur Jesus Christus

ken die weg van die regverdiges, die mens uit genade gered,

 

maar die weg van die goddelose sal vergaan. maar die ongelowiges sal verdwyn.

Tuesday 29 December 2015

DONKERMAAN OOR DASPOORT


DONKERMAAN OOR DASPOORT.

DONKERMAAN OOR DASPOORT, was ‘n Radio-drama van die vyftigjare van die vorige eeu. Die SAUK se Afrikaanse diens het die aangrypende drama uitgesaai. Suzaan van Wyk was die Regiseur en Teksskrywer as ek reg onthou. Ek dink sy was haar tyd vooruit. In die naam dink ek is die simboliek opgesluit. Ons is soos 'n klomp dassies op 'n eensame plek. Die drama  het oor ‘n kosmiese katastrofe gehandel. In pregnante sin soos my proffie in Staatsfilosofie altyd gesê het, bedoelende kortliks: die subteks van die drama was die wete dat ons op aarde alleen in die grote heelal is. Niemand en niks kan ons help as die aarde sou ontspoor nie.  In die drama het die aarde uit sy baan geval asook die gevolg daarvan ‘n donkermaan. Die vrees van die aardbewoners word treffend in klank oorgedra. Gelukkig het sy die gehoor nie in wanhoop gelaat nie, maar ‘n deus ex machina toegepas om die aarde en die maan weer in sy baan te plaas.

Een ding is duidelik: ons planeet is klein in die groot heelal. Ons planeet is broos en ‘n katastrofe is nie uitgesluit nie. Ons kan met niks en niemand op die oomblik kontak maak nie.  Ons is alleen. Niemand kan ons help nie.

Net: Ons kan alleen op God se voorsienende genade vertrou. Net Hy kan sy werke, sy hande-werke in stand hou. Net hy kan sy natuurwette handhaaf. Net Hy alleen.

PSALM 71 OORDENKING.


                                                          PSALM 71

                                                        OUDERDOM

                   “Nou dat ek oud en grys geword het….”      Psalm 71: 18.

Die aftree-ouderdom is ‘n heerlike nuwe lewensfase.  Dit is die tyd van vryheid, waarna ons hartgrondig uitgesien het: ons hoef nie te werk nie, nie vroeg op te staan en laat te gaan slaap nie.

Die stres van die werk is weg. Ons kan aandag gee aan die stokperdjies wat ons al die jare wou beoefen: daar is tyd vir tuinwerk, musiekuitvoerings, toere en die genot van die kleinkinders se geselskap. Terwyl ons die positiewe kant van hierdie ouderdom raaksien, waardeer en vertroetel, is daar ander wat dit nie aldag so ervaar nie. ‘n Gerespekteerde professionele persoon se opmerking was: ‘’Die lekker van vryheid verdwyn na ‘n tyd, want dit is vervelig om elke dag met niks besig te wees nie.” Dit is skokkende woorde, maar sommige voel so.  Hulle is nie ongelowig  nie, maar  het ontdek dat aftrede ook ‘n tyd van aanpassing is.

In sulke tye van aanpassings is daar min dinge waarop ons kan staatmaak. Ons het nie ‘n jong soepel liggaam nie: ons geheue laat ons in die steek: ons sig en gehoor is nie meer skerp nie. Maar ons kan ‘n  inniger verhouding met God opbou. En die troos is: ons kan op God vertrou. Sy seun, Jesus Christus, is die Een wat ons nie sal verstoot nie, maar altyd by ons sal bly. Bid elke dag tot Hom en ervaar Sy  heerlike teenwoordigheid. 

 

GEBED

Here  God, ons bid om u nabyheid in hierdie tyd waarin ons afgetree het. Ons voel soms alleen en verstote, daarom ons pleitrede: moet ons nooit verlaat nie, o Heer!

 

VRAE

1.      Wat kan ons volgens Psalm 71 wel doen as ons oud en grys geword het?
As ons ons lewe in oënskou neem, waarvan kan ons getuig