Tuesday 3 November 2015

EN DIE VRAGMOTORS DIE RY…


EN DIE VRAGMOTORS DIE RY…

Op die nasionale paaie is die verkeer druk besig. Motors met passassiers, Vragmotors met bestuurders,Taxi’s met insittendes, en Karavane swiep bymekaar verby. Dit lyk feestelik. Dit lyk of Suid Afrika doodgewoon aangaan. En dit is ook so. Die rollende verkeer steur hulle nie veel aan die groot probleme van SA nie. Goed ook so. Hierdie verkeer bring balans. Met hierdie verkeer lees ons die positiewe. SA se ekonomie mag swak wees, maar die verkeer sê dat dit glad nie tot stilstand geknars het nie.

Almal op die paaie is besig om na hulle bestemmings te ry. Ten spyte van hulle moegheid is hulle sinvol besig. Die vakansiegangers sien uit na die oomblik van hulle aankoms by hulle bestemmings. Sommige op die paaie verdien hulle daaglikse brood. Mooi verhale word vertel van mense wat afwesig by die huis is, maar sorg dat daar brood op die tafel is. Daar is groot opofferinge en dit word hartlik op die TV vertel.

En ons gewones bly lekker, want selfs die alledaagse is mooi!

No comments:

Post a Comment