Tuesday 17 November 2015

WAT ‘N VOORBEELD! WAT ‘N DAAD!


 

WAT ‘N VOORBEELD! WAT ‘N DAAD!   

Die Boere, nie Afrikaners nie, maar almal wat met skape, beeste, gesaaides en groente boer het ‘n onselfsugtige daad gedoen. Dit is die boere van die Suid-Kaap. Hulle het goeie reën gehad. Dus op die stadium ‘n oorproduksie van veevoer. Hulle kon dit verkoop het. Die prys daarvoor behoort goed te wees. Maar hulle het nie. Hulle het onthou. Soos ‘n Olifant kan onthou, het hulle besluit om hulle weldoeners van die verlede te help. Toe hulle in die nood was, was die Vrystaatse en Noord-Kaapse boere gereed om hulle van veevoer te voorsien. Al was dit ‘n onthou daad, weeg dit swaarder as ‘n selfsugtige aksie om die veevoer te verkoop. Die hulp is die ware Jakob. Kom ons onthou dit!

Lees hier onder wat in NETWERK 24 DAAROOR STAAN:

“Die voer is gebid van daardie kant af hiernatoe,” het Carina Swartz Dinsdag gesê nadat ’n besending voer uit die SuidKaap vir boere wat dringend droogtehulp benodig, in Bloemfontein aangekom het.

Mense bied ook gratis vervoer aan en stel hul sakepersele beskikbaar om die voer af te laai. ) Mense wat by Boere in Nood wil inskakel, ’n skenking wil doen of hulp nodig het, kan Cobus Venter (Boere in Nood se koördineerder in Bloemfontein) by 083-588-3101 of Schoombee by 072-358-9734 en Gerber by 072-185-8694 bel.

Gaan ook na Boere in Nood se Facebook-blad.

No comments:

Post a Comment