SMUTS, VERWOERD EN
MANDELA HISTORIES BEOORDEEL.
“Smuts se storie bly
groot.
’n Nuwe biografie is dus welkom, skryf
Hermann Giliomee.
Oor een ding in die Suid-Afrikaanse
geskiedenis van die afgelope 100 jaar is daar min twyfel: Jan Smuts en Nelson
Mandela staan kop en skouers uit as die twee Suid-Afrikaanse staatsmanne wat
die meeste respek en bewondering in sowel Suid-Afrika as die wêreld afgedwing
het. “
Die bostaande berig, in Rapport van
24/1/2016, het die vraag ontstaan hoe beoordeel ons historiese persone? Watter historiese
hermeneutiek word gebruik om persone en gebeure te beoordeel?
Herman Giliomee is tans binne ons
konteks hoogaangeskrewe as skrywer en beoordeelaar van Suid-Afrikaanse
geskiedenis. Hy doen historiese sake met balans en poog om sover moontlik dit kontemporêr
korrek te doen.
In bostaande berig blyk dat die konteks
waarbinne Smuts opgetree het die hermeunetiese sleutel is, om hom te verstaan.
Smuts was as person briljant. Sy intellek was en is hoogaangeskrewe. Sy konteks
waar binne hy opgetree het, was gedateerd soos alle leiers sin was en is. Byv. Smuts
as Boeregeneraal tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog het hom nie groots gemaak
nie; nie die Myn-opstande nie, nie die “Naturelle-vraagstuk” nie en ook nie sy
houding teenoor Afrikaans nie. Maar die
oomblik van sy grootsheid was die 2de Wêreld Oorlog. Hy het die konteks reg gelees
en die belange van die behoud van menslike Vryheid gekies en gedien. Sou SA die
weg van die OB gegaan het, was ons met Duitsland van destyds ‘n groot probleem vir
die humanisme. Smuts se binnelandse belange soos die Afrikaanse sake het hom
binnelands gekelder. Hy kon nie albei dien nie. Maar ten spyte van binnelandse
sake wat nie sy grootheid onderstreep het nie was hy ‘n uitstaande staatsman.
As ons die hermeunetiese sleutel sou
toepas tov Verwoerd dan het hy die Afrikaner se Republikeinse ideal voortreflik
hanteer; hy het die witmense se belange uiters goed hanteer deur ‘n beleid te
konsipieër wat gepoog het om ‘n eie SA Statebond oorrent te bring teen die
agtergrond van die Uhuru van die 60’s. Aparte ontwikkeling sou wit en swart
nasionalisme akkommodeer. Witmense se vrese was skerp na die
onafhanklikheidswording van die Belgiese Kongo in 1960. Patrice Lumumba en Kasavubu se
oorname daar was nie vreedsaam en versoenend teenoor witmense nie. Alhoewel die
Time Verwoerd as die man van die Jaar bestempel het, het die opkoms van die humanisme,
sy grootsheid tot die binneland en die witgroep beperk. Verwoerd het die witgroep se belange vernuftig
en intellektueel hanteer. Maar die swartmense se belange kon moontlik beter
hanteer gewees het as hy met Albert Lethuli, vreedsame ANC leier, ondehandel
het. Die opmerking is nou maklik, maar Jaap Marais en Albert Hertzog sou dit
nie moontlik gemaak het nie. So die datering en belange wat gedien word en hoe
dit hanteer word, bepaal die grootsheid van ‘n staatsman aldan nie?
Pres. Mandela het die belange van humanisme
uitmuntend hanteer. Hy het sy Versoeningsrol hier en in die buiteland met
grasie gedoen. Na Apartheid het almal wraak verwag, maar nie Mandela nie; en
dit het hom groots gemaak. Mandela het die oorgang in die humanistiese wêreld
skitterend hanteer. Maar Julius Malema en die EFF voel dat Mandela die
swartmense in die steek gelaat het.
Sou ons Smuts en Mandela se optrede in
die buiteland uiters geslaagd bestempel, maar nie in binneland nie? Albei het
die tyd en konteks reggelees en Buitelands geslaag, terwyl Verwoerd die
witbelange binnelands korrek en op ‘n denkende wyse gedoen het, maar nie
humanisties geslaag het nie. Maar is die hermeuntiese sleutel nou humanisme en
dit bepaal die grootsheid van ‘n Politieke leier? Speel konteks en datering ook
‘n rol in die bepaling?
No comments:
Post a Comment