Friday 15 January 2016

Is Regeringsinmenging in die ekonomie noodsaaklik?


Is Regeringsinmenging in die ekonomie noodsaaklik?

Vir sommige Ekonome wat ideologies gedrewe is, is dit nie wenslik dat die Staat te betrokke in die ekonomie mag raak nie. Dit sou ‘n bedreiging vir die vryemarkstelsel inhou en die inwoners van SA van die staat afhanklik maak. ‘n Kruipende Sosialisme is nog ‘n probleem indien die Staat ingryp. In die verlede het ons verkeerdelik geglo dat Sosialisme die voorloper van Kommunisme sou wees. Vandag is Kommunisme bykans nie meer ‘n faktor nie.

Maar waarom dan Staatsinmenging?

Ons in SA is ‘n demokrasie. Een mens een stem. Die Staat regeer oor almal en vir almal en deur almal.

Dus daar is ‘n demokratiese rede vir Staatsinmenging.

Ons moet onthou hier in SA is bykans ‘n gekatte 50 miljoen mense. Heelwat leef onder die broodlyn; heelwat het nie ‘n gesonde die-eet per dag nie; heelwat het nie behoorlike huisvesting per dag nie; heelwat het nie behoorlike huisvesting nie; dienslewering aan die armes is swak; paaie in die Townships is haglik; heelwat het nie behoorlike sanitasie nie; heelwat is aan die natuur blootgestel. Die oorgrote meerderheid MENSE in SA leef na my mening so swak dat dit  onmenswaardig is. 

Dus is daar ‘n ekonomiese en sosio-ekonomiese rede vir Staatsinmenging in SA.

Vir my is ‘n Staatspensioen; Staatsmedieseplan; Staatshuisvesting; voedselsubsidie; en behoorlike Stadsbeplanning nodig sodat almal in ‘n oordentlike

Omgewing kan opgroei.

Vir my is volle indiensneming van mense deur die Staat noodsaaklik. Neem alle werkloses in diens.  Span die magtige korps in om infra-struktuur tiptops te kry.

Bou huise, paaie, 4 vt. Spoorlyne ens met die werkloses.

Verander die ekonomiese stelsel. Druk Rande vir die vale en gebruik Platinum as ons reserwewaarborg van die Rand. Pen die Rand se waarde vas.

Maar ontwikkel ‘n Ekonomiese tweestroom beleid. Een stelsel vir armes en een vir rykes.

Laastens is daar ‘n kosmiese rede waarom die Staat verplig is om sy mense se lewenskwaliteit te verbeter.

Almal op aarde het net een aardse lewe. Waarom mag sommige in uiterste weelde en ander in uiterste armoede lewe. Waarom word daar 18 biljoen dollar se voedsel in sommige land op ashope gegooi terwyl ander kripeer van ellende?

Los ekonomiese ideologie laat die Staat regverdig en sonder korrupsie inmeng.

No comments:

Post a Comment