Monday 11 January 2016

HOE HANTEER EK DIE SLEGTE NUUS.


 

HOE HANTEER EK DIE SLEGTE NUUS? 

In Suid Afrika, maar oral in die wêreld is die nuus nou nie  juis prettig nie. Inteendeel. Ekonomies is ons in die 7 maer jare van die Josef verhaal van die Bybel. Maar dit voel asof dit nou langer as 7 jaar duur. In Suid Afrika tuimel die rand, kospryse gaan styg, onderwys opstande, droogtes, SA se President sê dat ons die grond gesteel is, rassisme  en te veel ander ellende om op te noem.

Die vraag is hoe hanteer ek die slegte nuus?

Dit is baie belangrik, want die reeks van slegte nuus kan ‘n mens emosioneel kantel.

As die ellende oorhand wil kry, praat met jou man, vrou of ‘n betroubare vriend of vriendin. Hoe vul jy die gesprek in? As jy wil ontplof en blameer doen dit, maar totdat jy verligting gekry het. Moenie die perd oor en oor ry dat sy ribbes wys nie.  Moenie ‘n gewoonte daarvan maak nie; dan word ons Jan Salies. Aanhoudende gekla, los nie die saak op nie.

Bepaal wat jou persoonlike probleem nou is. Moenie more en die toekoms bysleep nie. As jy die toekoms bysleep dan vereger jy sake, want dit is op negatiewe emosies gegrond.  Ontleed die probleem. Byv. my begroting klop nie. Klop dit nou nie of het jy nog tyd om dit op te los. Tyd kan aan jou kant wees. Praat met jou wederhelf daaroor. Vermy konflik  hieroor. Konflik los niks op nie; dit vererger eerder sake. Gebruik jou rekenaar; vra google; skryf vir ‘n vriend, spreek jou persoonlike Bankadviseur, bid daaroor, vergroot jou inkomste, stop alle nie noodsaaklike aankope. Dit is om jou koop spyskaart te verander. Dis soos dieet. Moeilik, maar moontlik. Sny alles tot op die been.

As jy depessief voel, stap om jou huis, kantoor of in die park. Oefen ipv sit. Huil daaroor.

Vryf jou troeteldier. So ‘n dier se reaksie is gerusstellend.

Bid sonder ophou.
Die reen sal val; jou kat sal spin; die prys van olie daal nou. Kweek jou eie groente sommer in ‘n buiteband; bid vir selfbeheersing. As die verstand oorneem, is die stryd halfgewonne

No comments:

Post a Comment