Monday, 4 January 2016

RASSISME OP SOSIALE MEDIA.


 

RASSISME OP SOSIALE MEDIA.

Ongetwyfeld ‘n moeilike onderwerp om te hanteer, maar ongetwyfeld ook nadelige gevolge as jy rassisme op sosiale media be-oefen.

Een ding moet ons almal besef wat dit op die sosiale media waag dat ons ons eie koerant uitgee of media bedryf. Maw ons is in die openbare oog en is ‘n joernalis in eie reg. Ons opinies word deur almal gelees. Sosiale media is geen privaat spel nie. As iemand hier lees mag dit oral heen ge-retweet of gelike of gedislike word. Koerante en Radio, en TV stasie haal sosiale media deesdae aan. Dit is vir die groot Media-huise ‘n gratis bron van inligting. So jy is in die openbare domein. Maak nie saak of jy die President of ‘n gewone een is nie. Maak nie saak of jy in joernalistiek opgelei is of nie. Maak nie saak of jy in goeie gestandardiseerde Afrikaans gebruik of nie. Jy kan jou opinie plaas, want jy is vry om dit te kan doen. Daar is geen baas of toesighouer nie. So weet jy is vry, maar oppas vir slaggate.

Vir impulsiewe mense is Sosiale Media ‘n gevaar. Jy kry ‘n impuls oor ‘n rasse storie of sommer enigiets en sonder om verder te dink, plaas jy dit.

Waarom doen ons rassisme of onvanpaste gedrag op sosiale media?

Ons persoonlikheid speel ‘n kardinale rol spel hierin. Dit hang saam met hoe ons frustrasie hanteer. Natuurlik is daar baie bewustelike en onbewustelike blokkasies wat ons ervaar. Ons is aan die anderkant magteloos om iets wat ons mateloos frustreer te verander, want ons is nie in die parlement nie, ons is nie belangrike mense nie, ons is ekonomies afgerem en drink aan die leë speen, en droogte toestande knel almal, pype bars niemand gee om nie, ons kan niks aan al die frustrasies doen nie.

Nouja nou dink ons moontlik: nee wag ek gaan my hou inkry: ek gaan my frustrasie neerpen sodat ander daarmee kan saamstem en iets gebeur: nou skryf ek die aller kwetsende dinge op sosiale media.  Ek voel emosioneel verlig, ‘n katarsis, op die manier gekry met ‘n stukkie genot daarby, want ek het my sê gesê en dit gee my mag. Ek het die oorlog gewen, maar die vrede verloor. Ek het nie gedink nie. Eens klaps is ek in ‘n negatiewe stortvloed aanmerkings en moontlike kriminele klagtes teen my.

 

So wat nou gemaak? Mag ek ‘n opinie hê? Ja, natuurlik. Die grondwet laat vryheid van spraak toe, maar dit moet die gemeenskap waarbinne ek dit gee honoreer. Ek mag nie ander mense kwetsend afmaak as onmenslik nie. ‘n Mens bly ‘n mens, maak nie saak wie jy is nie.  

Wat met my frustrasie gemaak? Kyk na alle wetlike opsies om dit wat jou pla binne die wet te hanteer. Selfs al voel jou leefwêreld nie meer operasioneel nie, moet jy na die Menseregtekommissie gaan en jou klagte daar gaan opper. Skryf jou frustrasie neer; dit sal jou frustrasie verlig en jou mag gee oor jou probleem, omdat jy ‘n klag gele het by die regte instansie. Om sinies oor die gedagte te wees en soos Jan Salie op te tree skep net vir jou 'n probleem.

Kom ons kyk na ons impulse en persoonlikheidstrekke. Kom ons kyk na selfkennis en dink weer voor jy oor jou frustrasie op sosiale media skryf. Jy mag jou frustrasie lig, maar doen dit ewewigtig en denkend. Voer feite aan byv: die waterpyp het in straat so en so gebars en water loop al weke daaruit. Gee die datum.

No comments:

Post a Comment