Sunday 24 January 2016

HET TEOLOGIESE FAKULTEITE HUL FOKUS VERLOOR?


HET TEOLOGIESE FAKULTEITE HUL FOKUS VERLOOR?

Graag wil ek sê dat die Teologie, hedendaags, maar net soos die verlede, met sy eie aard worstel.  Maw wat is die objek van die studie, waarop fokus Teologie en wat is die karakter daarvan? Hoort die Teologie nog enigsins op die Universitêre inrigtings?

In ons tyd, dws die vorige eeu, op Teologiese Fakulteit was bogenoemde vrae baie relevant. Met die begin van ons studie, is ons met dié vrae in die Inleiding van die Teologie gekonfronteer. Ons dosent, prof Willie Jonker,  het pas van Kampen Nederland gearriveer en in Europa was die worsteling hittig weens die Kontinent se kritiese vrae oor Teologie en godsdiens. So die debat het die Fakulteit genoop om na die objek van die Teologie te kyk. Die dosente van ons tyd, was maar te bewus van die Positivisme wat Teologie gerelativeer het en dit uit die Universiteit-sisteem wou amputeer.

Ten spyte van die positivisme is besluit dat die studie om net een handboek kan en moet gaan naamlik die Bybel. Die Bybel is God se openbaring aan ons en dit behoort wetenskaplik bestudeer te word. Die Bybel behoort die aard en fokus van die studie te bepaal.

My interpretasie is dat elke wetenskap aan ‘n Universiteit ‘n objek van studie het. Die objek is soms sigbaar, maar hoe kan ons ekonomie bestudeer? En so kan daar baie vrae rondom die objek van ander wetenskaplike studies wees. Ons sou vrae kon vrae oor studies soos Drama en andere moet dit nie eerder by Tegnologiese Universiteite tereg kom nie? So ons in die Teologie hoef nie te bibber oor die studiergting daarvan nie.

Natuurlik soos my Dosent in Politieke Filosofie gesê dat ‘n mens moet onderskei tussen voor - en wetenskaplike kennis. Almal kan die Bybel lees en dit vir sielsrus en vreugde gebruik sonder om Teologie te bestudeer.  Teologie bestudeer die Bybel wetenskaplik, daarom word dit aan ‘n Universiteit aangebied.

Maar die vraag is, is die bestudering van dik handboeke en ander taalwetenskaplike stof noodsaaklik? Ook in die tegnologiese eeu? Ja al is al die inligting op Internet beskikbaar veronderstel wetenskaplike studie oa onderskeidende studie. Dik Boeke en allerhande middele soos IPad en eie Tablet is noodsaaklik, want die dik Boeke is ook tegnologies beskikbaar. Hoe groter die studie hoe beter, want anders word die studie tot ‘n Sondagskoolklas aangebied. Dit devalueer die studie tot dosetisme.

Was ons Telogiese studie relevant? Beslis in ons tyd het die Dosente gekonsentreer om die Bybel so relevant as moontlik te vetrolk. Die Hollandese, Finse studente sou beslis nie verstaan het om Apartheid aan te spreek nie. Apartheid, die mens in die Stad, die apatiese Godsbegrip, en talle relevante problem van destyds is aangespreek, maar vanuit die Bybel.

Die huidige Teologiese Fakulteite moet hulleself afvra of hulle nog gefokus is? Bestudeer hulle die Woord van God nou relevant? Wat word gesê van Korrupsie, ens. vanuit die Skrif as bron en nie asg van die Internet nie.  

Wanneer ons nie gefokus en revalueer ipv devalueer in ons studie nie is ons besig met Sondagskool en nie eers Kategese nie.     

No comments:

Post a Comment