Friday 22 January 2016

PSALM 23: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 

PSALM 23: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

 

© SA Bybelgenootskap.                                Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

 

Die HERE is my herder.                         Goddelike versorging.

 

Psa 23:1  ‘n Psalm van Dawid.

Die HERE is my herder;               Here Jesus, U is my goeie Herder;

niks sal my ontbreek nie.             U versorg my volledig.  

Psa 23:2  Hy laat my neerlê        U lei my na die beste

in groen weivelde;                       plekke om U te dien,

 na waters waar rus is,                  Here Jesus Christus,

lei Hy my heen.                           daarom gee dit my vrede.

 

Psa 23:3  Hy verkwik my siel;    U, Heilige Gees, vul my met blydskap,

 Hy lei my in die spore van geregtigheid, want U lei my op die regte pad,

 om sy Naam ontwil.                                sodat ek U naam kan eer.

 

Psa 23:4  Al gaan ek ook in ‘n dal            Al loop die skadu van die dood,

van doodskaduwee,                         soos my eie skaduwee, saam met my;

 ek sal geen onheil vrees nie;                          is ek nie bang nie,      

 want U is met my:                             want sorgsame Jesus Christus,

 u stok en u staf dié vertroos my.  U is by my en in my deur U Gees.

Psa 23:5  U berei die tafel voor my aangesig U nooi my na dié ewige feesmaaal.

teenoor my teëstanders;          terwyl ongelowiges verbaas is oor my redding;

U maak my hoof vet met olie;    want U ontvang my soos ‘n spesiale gas;

my beker loop oor.                    ek is uiters dankbaar teenoor U.

 

Psa 23:6  Net goedheid en guns sal my volg U oorlaai my met onverdiende vriendelikheid.

al die dae van my lewe;                      U onvernietigbare liefde is altyd by my.

en ek sal in die huis van die HERE Ek het tuis gekom, Vader, van my Here Jesus,

 bly in lengte van dae.                       in U ewige woning.

No comments:

Post a Comment