Saturday 2 January 2016

KERSFEES 1974 IN BETHLEHEM.


 

KERSFEES 1974 IN BETHLEHEM.

In ons Studentejaar van 1974 onderneem ons ‘n toer na Europa en Bethlehem in Israel. Maretha en ek is die toerleiers. Ons is opgewonde, want mnr. Jannie du Plessis, Besturende Direkteur van Pelgrimstoere, het genoeg vertroue in ons om so iets te onderneem. Hy reël alles uiters deeglik. Maar ons moet natuurlik die toerlede werf om dit vir ons moontlik te maak om gratis te reis.

Die ander voordeel was dat Maretha alles vooraf puik oor ons besoek aan Israel ingestudeer het. En boonop ken sy haar Bybel uit die kop. So ek het niks nodig nie. Die jaar was my ontmoeting met Teologie. Die Inleiding in die Teologie en Welthausen se OT kritiek was toe vars in my kop asook al die argeologie   oor Israel en die Midde-Ooste en allerhande Mari-gekrifte van Sirië.

Voor die vetrek in Desember 1974 ontmoet ons die toerlede op die lughawe. Ansa du Toit, mej. Hofmeyer, oom Frkkie Nel en te veel om nou almal te onthou. ‘n Aangename klomp mense. Gelowiges wat in Kersfees in Bethlehem wil wees.  

Ons vlieg eers na Israel met EL AL. Die Israeli’s se sekuriteit op Jan Smuts lughawe, destyds, was puik. Hulle vat geen kanse nie.  Die vlieniërs kan vlieg, dit was puik. Natuurlik in die nag vlieg ons oor bevriende Afrika-state.  By die horing van Afrika swenks ons links en vlieg oor die see allangs tot by die skeur in Sinai-woestyn na Eilat en dan na Tel Aviv.

Op Tel Aviv wag die Toergids ‘n oud Israeli’s Generaal ons in. Groot geboude Israeli. Hy was ‘n gesekulariseerde Jood. Nie Ortodoks of enige godsdienstige affiniteit gehad nie. Dus moes ons maar tussen in kom om die Spirituele te hanteer. Maar die man het sy feite oor Israel en die Joodse  Staat geken. Ons etes was puik. Die land aangrypend. Jerusalem betowerend. Die aand in Jerusalem  kry ons ‘n besoek van hulle ministerie van Inligting om ons oor Israel se politiek in te lig. Ek antwoord maar in Afrikaans en praat gloeiend oor ons goeie verhouding met Israel en ons bewondering van hulle generaal Mosje Dajan wat in 1967 die Egiptenare laat spandder het, net hulle skoene het agtergebly.  Ek weet nie of hulle verstaan het nie. Maar hulle het nie ongelukkig voorgekom nie.

In Bethlehem aangekom. Die Gids neem ons na die geboortekerk waar Jesus volgens oorlewering gebore sou gewees het. Die kerk is oor die plek van geboorte gebou. DIT WAS KOUD. Dit het ongelukkig nie gesneeu nie.   Ons kyk uit oor die klipperige heuwels om Bethlehem. Dit is vandag nog die herdersvlaktes. Ons hou Bybelstudie bid saam en bly in ‘n Hotel daar. Dit was christen-Arabiere se hotel met die naam die Good Sheppard hotel.

Mens kon die verskil tussen Israeli’s en Arabiere agterkom. In Bethlehem se strate wou die Arabiere net ons vrouens koop met kamele.

Jerusalem was aangrypend. Ek sal later weer verslag doen met ander toere.

Na Israel na Rome, Zurich in Switserland: daar loop Maretha teen berg Utli met ‘n spoed ten spyte dat sy verwagtend was. Ons kind se hiperaktiwiteit het sy seker daar opgetel. Grappie. In Parys was dit daardie tyd so anders as vandag. Amsterdam was maar soos die Hollanders. Bad sonder klere op die teaterverhoog en lewe baie eksplesiet. Terug met SAL oor die Kanari-eilande en om die boog van Afrika. Ons is toe al geboikot en kon nie oor Afrika vlieg nie. Ons vlieg en land op Las Palmas in die nag en met die donker opstyg sien jy net Palmbome. Ons loodse was puik.
Dit was ‘n heerlike toer

No comments:

Post a Comment