Thursday 14 January 2016

PSALM 12: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 

 

 

PSALM 12 : NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

 

© SA Bybelgenootskap.                                         Nuwe Testamentiese Vertolking

 

Leuens heers onder die mense;                          Red my, Here Jesus!  

God is waarheid.

 

Psa 12:1  Vir die musiekleier; met basstem.

 ‘n Psalm van Dawid.

 

Psa 12:2  Red, o Here,                              o, Here Jesus, wees my genadig,

 want daar is geen vrome meer nie;      want ek is besig om in my gedrag

 want die getroues het verdwyn              teenoor u te faal.  

 onder die mensekinders.                         Red my van die verkeerde pad.

 

Psa 12:3 Hulle praat leuens,                    Ek moet bely  dat ek soms

 die een met die ander;                              leuens vertel om in my

 met vleiende lippe spreek                        doel te slaag,

 hulle dubbelhartig.                                    want ek het ‘n gesplete tong. 

Psa 12:4  Mag die HERE                                      Daarom pleit ek hartgrondig    

 al die vleiende lippe uitroei,                                by u, Here Jesus, om vergifnis.

 die tong wat grootpraat,             My tong is soms die instrument van die kwaad.

 

Psa 12:5 hulle wat sê:                   Ek voel asof my tong

 Met ons tong is ons sterk;           wat klein en tingerig is

 ons lippe is met ons!                    tog ‘n groot hoop hout 

 Wie is heer oor ons?                      aan die brand kan steek.        

 

 

 

Psa 12:6  Oor die verdrukking van die ellendiges, Maar Here Jesus wanneer

 oor die gesug van die behoeftiges                             dit by die behoeftiges

 sal Ek nou opstaan, sê die HERE;                            en die verdruktes kom,

 Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.  u sal hulle verlos van verdrukking.

 

Psa 12:7 Die woorde van die HERE is rein woorde, Mense vertel leuens,

 silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, maar u woord is  

 gesuiwer sewe maal.                                                        suiwer en waar.

 

Psa 12:8 U, o HERE, sal hulle bewaar;      Saam met u woord wil ek getuig

 U sal ons bewaar                 dat in God se krag ons van leuens gered

 van hierdie geslag vir ewig.    en gereinig sal word.

 

 

 

Psa 12:9 Die goddelose draf rond                               Maar die ongelowige het die

 as laagheid die oorhand kry by die mensekinders   leuen bo die waarheid lief.

No comments:

Post a Comment