Saturday 23 January 2016

DIT WOEL EN WROEG BY MATIES.


DIT WOEL EN WROEG BY MATIES.

Nog steeds die einde niet. Nou wroeg en woel dit WEEREENS oor die gelykberegtiging van tale by Maties. Die Konvokasie moet daaroor besluit. In wese gaan dit om die behoud van Afrikaans as Akademiese taal. Adv. Jan Heunis het ‘n logiese betoog gegrond op die Grondwet van SA uitgewerk. Dit is die beste wat jy kan kry in die tyd. Ek steun hom heelhartig. Dit het my teruggeneem na die 70’s van die vorige eeu. Die aand was daar ‘n massa-vergadering van studente. As ek reg onthou het dit gegaan oor die Redakteur van die Studenteblad. Daar was nie-korrekte politieke geluide binne die tydsgewrig van destyds gewees. Daardie aand het Jan Heunis as student die vloer gevat en skitterend ge-argumenteer oor die behoud van die status quo. Hy het die “libbies” se argumente omgekeer. Hy was die ster van die aand.

Maar die huidige SR Voorsitter sĂȘ dat die konvokasie huidiglik te wit is en dus nie verteenwoordigend is nie. Wat die uitslag gaan wees is oop.

Die vraag is wat van die toekoms? Huidiglik op die kort-termyn kan die oorlog gewen word, maar vir hoelank totdat die Konvokasie en die Alumni-bestuur verteenwoordigend is. Wat dan?

Na my mening is langtermyn optrede nodig. Solidariteit se rigting is langtermyn. Hulle Akademia is ‘n volwaardige Universiteit met Afrikaans as taal-basis.

Die vraag is: moet ons nie liewer kragte saamsnoer met hulle en langtermyn dink nie? Bou een volwaardige Afrikaanse Universiteit uit met internet of e-learning daarby. Dit sal die spanning om die status quo te behou verlig en Afrikaans a-polities laat voortbestaan.  

No comments:

Post a Comment