Thursday 7 January 2016

SIELKUNDIGE.


 
SIELKUNDIGE

professioneel

Hierdie een is bo estrogeen verlief

van die skedel tot by die onderste skeen.

Prikkels syfer soos sliert van neuron na neuron

tot by die reseptore wat die hare van ‘n kat laat regop spring. 

 

waarnemend word alle affeksie verberg deur selfspraak

kan die oorgawe aan genot geduldig geniepsigtig onderdruk word.

 

daar op die bank is daardie één eenselwig aan die praat

waar die mure van die kamer alleen maar luister.

 

oester rem toe?

afstand op die strand grens aan die

oggenkoerante se hoofopskrifte.

 

Jy lyk onoorwinlik soos ‘n pienk flamink

ry op ry in die gymnasium is almal vaak

daar in die folikel ontspring die sweetdruppels op eens

 

die stopsels op die land is die kennebak se hooi

onmiskenbaar deel van die blokkasie.   

No comments:

Post a Comment