Wednesday 6 January 2016

AFSKEID


AFSKEID

Dit is algemene kennis dat die lewe ‘n proses van afskeid is. Die stelling is hoog emosioneel gelaai, want om eg afskeid te neem, is emosioneel pynlik. Tog is afskeid ‘n feit. Niemand kan dit ontken nie asook om te verklaar dat afskeid maklik is, hang af van die diepte van ‘n mens se emosies. So die voor die handliggende is dat ons elkeen afskeid moet hanteer of ons wil of nie.

Afskeid gebeur by ons geboorte. As ons ons moeder se baarmoeder verlaat dan neem ons afskeid van ons veilige beskermde omgewing. Ons kan so aangaan van afskeid neem byvoorbeeld as ons ouers gaan werk, as ons by die skool ingeskryf word, as ons ouers skei, as ons skool verlaat, as ons universiteit verlaat, as ons op pensioen gaan, en as ons sterf. Natuurlik as ons Suid Afrika verlaat en emigreer dan neem jy afskeid van jou vaderland.

Afskeid is geen gemaklike saak nie. Jy verlaat die bekende, die veilige, die heerlikeheid van vriendskappe, jou kinders se verhoudinge, jou kleinkinders se innige kommunikasie, en jou ouers se sorgsame liefde. Jy verlaat ook jou bekende werksomgewing waarin jy geborge is. Jy verlaat SA en ver oulaas sien jy Oliver Thambo-lughawe of as dit per boot is: Tafelberg. Jy neem afskeid van die lewe as jy sterf. As jy wetend die dood te gemoed gaan, kan jy jouself troos met jou geliefde dier op die bed en jou geliefde musiek aan. Dit alles is erg pynlik.    

As jy in die Anglo-Boere-Oorlog was, word afskeid geneem van vrou en kinders om hulle moontlik nooit weer te sien nie. Die Banneling standbeeld vertolk die pyn van afskeid so raak met die pyn op die gesigte van hulle wat afskeid neem. Dit gebeur met elke oorlog.

Ons moet rasionaliseer om die pyn te verwerk. As ons geliefde keinkind groet op pad na die Universiteit van Stellenbosch dan moet ons onthou ‘n nuwe lewe wag op haar. Sy sien reikhalsend uit na ‘n volwasse lewe waarin sy haar unieke stempel op die lewe gaan afdruk. Sy neem ook moeilik afskeid. Die trane lê vlak, maar sonder afskeid is ‘n eie nuwe lewe nie moontlik nie.

Maw weeg die positiewe op teen die pyn van afskeid. As die positiewe swaarder weeg, huil hardop, kry ‘n katarsis, maar gaan voort op die beste keuse uit te oefen.

No comments:

Post a Comment