Wednesday 13 January 2016

PSALM 100: OORDENKING.


  PSALM 100: OORDENKING.

                                                                     BLYDSKAP

                                           “Dien die Here met blydskap!” Psalm 100:2

Wat het ons ontvang? As kinders van  God  het ons die ewige lewe ontvang: “sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3:16). Die belofte van die ewige lewe is die grootste bron van vreugde, omdat alles nie op die aarde eindig nie. Die Heilige Gees is in ons. Met ons bekering het die Gees van God in ons kom woon. “Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang.” ( 1 Korintiërs 6:19). Met ander woorde: ons is nie alleen nie. Ons is nie in die duister gelaat nie. As God se Gees in ons is, lei Hy ons dag vir dag. Hy lei ons om die regte besluite te neem en sy wil na te volg. Alles wat ons ontvang het, kom van God af, so ook sy Voorsienigheid. Hy versorg en onderhou sy skepping. Sy skepping sluit ons in, want ons is sy skepsels, gemaak na sy beeld. Dit beteken ons hele lewe is in Sy hande.    

Wat gee ons? As ons al hierdie gawes uit loutere guns ontvang het, behoort ons diep  dankbaar te wees. Ons kan die Here Jesus dien met ‘n oop gemoed. Die Gees van God is in ons, daarom is daar geen vrees meer nie. Dus kan ons die Here Jesus dien sonder dat ons enige hindernisse in ons gemoed het. In sy diens lê geluk.

 

GEBED

Here Jesus, ons loop oor van vreugde, want U het ons oorvloedig gesëen met gawes uit die hemel. Inspireer ons deur u Gees, sodat ons u met blydkap sal dien.

 

VRAE

1. Watter rol kan Evangeliese sang speel om by te dra tot ons blydskap?

2. Wat het die Psalmis van Psalm 100 gedoen om sy blydskap te versterk?

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment