Thursday 7 January 2016

GEEN ETE IS VERNIET NIE.


 

GEEN ETE IS VERNIET NIE.

Hierdie wysheid is algemeen bekend. Sommige sal argumenteer en sê dat as vriende jou nooi vir ‘n ete dan is dit verniet. Inderdaad betaal jy nie daarvoor nie, maar jy betaal in energie. Jy behoort vriendelik te wees, jy behoort selfbeheersing te be-oefen, jy behoort kommunikatief op te tree, jy behoort tafelmaniere te openbaar en jy mag nie slordig eet en hard sluk nie, asook gereserveerde porsies te eet en jou nie te buite gaan om te veel in te skep en te eet nie.

Dus, ek stem saam geen ete is verniet nie. In hierdie lewe gaan alles met opofferinge gepaard. In jou werk mag jy nie rondsit nie, op skool moet jy by jou skoolwerk wees, jy moet uit jou gemaksone as jy op ‘n ander stad of in die buiteland wil gaan studeer. Jy offer gesin, familie en vriende se teenwoordigheid op om jou doel te bereik. As jy verhuis, vra dit om jou bekende omgewing vir ‘n nuwe in te ruil.  So die lewe is al die tyd aan die verander. Verandering is so oud soos die mensdom self.

Elke ete verg energie. Spandeer jou energie konstruktief. Oorweeg alle uitnodigings, alle veranderings  alle troue en gesinsuitbreiding, ja alles WAT JY AANPAK, doen dit denkend.

‘n Ou REEL; SKRYF VOOR EN NADELE NEER VAN ELKE ETE; AL IS DIT VERNIET.

No comments:

Post a Comment