Sunday 3 January 2016

EREDIENS TE TWEESPRUIT PREEKPUNT VAN NG KERK THABA NCHU.


 

EREDIENS TE TWEESPRUIT PREEKPUNT VAN NG KERK THABA NCHU.

Dit was my voorreg om die erediens op Tweespruit op 3 Januarie 2016 waar te neem.

Tweespruit is so 84 kilometer van Bloemfontein. Die Nasionale Pad, N8, waarop die afrit na Tweespruit is, lei na Ladybrand asook na Maseru in Lesotho.

Oppad daarheen is die landskap soos die winter. Die droogte is knellend. Slegs 2 kolle mielies waargeneem. Een naby Bram Fischer-lughawe langs die Renosterspruit. Die mielies lyk pragtig, want dit word besproei uit die spruit. Die ander een is naby Tweespruit. Dit is droë land en kort dringend reën om die gesaaide mielies te laat groei.

In die Konsistorie praat van ons van die droogte en die uitwerking op die voedselsekuriteit en mense se emosies.

Voor die diens begin stap die kerkraad uit en op die kansel lê heerlike koeksisters, ‘n bar one en ‘n houtkruisie wat die vriendelike koster daar neergesit het. Ek het die versoeking weerstaan en dit onder die kansel geplaas en voortgegaan met die diens.

In kort kom die preek op die volgende neer:


Skriflesing 2 Korintiërs 5: 16-21

Teks: 2  Korintiërs 5: 17:

Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.

Dit is inderdaad ‘n nuwe jaar,

al voel dit soos ‘n doodgewone dag

 Dit is inderdaad ‘n nuwe dag

Al voel dit soos altyd

Dit is inderdaad ‘n nuwe Sondag,

want dit is eerste sondag van 2016.

Al voel dit soos elke ander Sondag.

Dus het jy:

Geen nuwe voorneme nodig nie.

Geen bestekopname oor 2015 nodig nie.

Geen nuwe planne vir 2016 nodig nie

Maar

Die Bybel sê;

Vir jou: JY IS ‘N NUWE MENS

Jy is splinternuut in Jesus Christus.

En vir jou sê die Bybel

Jy is splinternuut al is jy stokoud

Jy is splinternuut in Jesus Christus.

Al voel jy dieselfde

Jy is splinternuut in Jesus Christus.

Al voel alles vandag doodgewoon 

Jy is splinternuut in Jesus Christus.

Al voel dit niks het verander nie

Jy is splinternuut in Jesus Christus.

Maar hoe WORD ek splinternuut?

Dit is gegee.

Dit is vir jou gegee.

2 Kor 5 sê dit is alles die werk van God.

God gee dit deur die Heilige Gees

Die Heilige Gees gee dit

Dit is as ‘n geskenk  gegee

Dit is absoluut gratis gegee.

Gee Hy dit werklik? Ja

Al is dit ondenkbaar

want

Gees is onsigbaar

Gees is onkeerbaar

Gees is onveranderlik.

Hoe gee Hy dit?

Hoe werk die Gees?

Gees is soos wind Joh 3

Joh 3:8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Maw Die Gees werk onsigbaar, werk onkeerbaar en maak nie ‘n fout nie, want dit is God wat dit doen.

 

Omdat God alle geestelike werke eerste in ons doen weet ons:

Jy is Gered uit genade en geen goeie werke kan jou of my red nie. Genade alleen:

Efes 2:8 Uit genade is jy gered.

Hoe gee die Gees dit prakties?

Jy is geroep

2Th 2:14  waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.

Maar hoe word mens geroep? Die Here God werk deur sy Woord, Hy werk by monde van ander mense en hy werk en het jou ouers gewerk, asook die Kerk.

Hoe gee die Gees dit prakties?

 Jy is gedoop

Rom 6:4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

Maw maak nie saak met wat se water jy gedoop is nie: besoelde water, gebottelde water of water uit die Jordaan in Israel, maar wel dat jy wel gedoop is. Die water is simbool van afwassing van die sondes deur Jesus Christus. Al is die water besoedel en nie uit die Jordaanrivier in Israel nie maak dit geen verskil nie, want die krag van die doop is in Christus wat sonde werklik afwas en nie water of ons deur ons handelinge nie. Doop sou op werk heiligheid neerkom as on sons handeling die belangrikste maak nie en nie Christus se versoenoffer nie.

Hoe gee die Gees dit prakties?

Jy het gekatkiseer: jy het bely dat jy in Jesus Christus glo. Weereens maak nie saak of ons die besonderhede onthou nie en of aan Alzheimer ly of nie. Al onthou ons dit nie, Jesus onthou. Hy vergeet nooit.

Hoe gee die Gees dit prakties?

 Jy gebruik NAGMAAL ten spyte van ons swakheid verander die waarde daarvan nie, want Jesus Christus is die waarborg daarvan.

Hoe gee die Gees dit prakties?

Jy behoort aan die kerk, liggaam van Christus.

Al is die kerk vol sondaars en onvolmaak, is Christus die hoof en Volmaak.

Maar ons word opgeroep om:

Rom 6:4  ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

Want jy is ‘n nuwe mens.

 

Jy word opgeroep om die vrugte van die Gees te dra, want jy is ‘n nuwe mens. Al sê jy: Ek kan dit nie volhoubaar doen nie, daarom is dit noodsaaklik om daagliks Bybel te lees, Kerk toe te kom en betrokke te wees by die geestelike dinge van die Kerk.

Gal 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Tog twyfel jy of jy ‘n nuwe mens in Christus is.

Jesus sê aan ons

2Co 5:20  Aanvaar  die versoening met God wat Hy bewerk het.

 

Aanvaar die status soos ‘n sertifikaat wat aan jou uitgereik is in jou persoonlike naam. Vat dit, Neem dit. God gee dit verniet.

Aanvaar jou nuwe status: jy is ‘n  nuwe mens, want jy behoort en glo aan en in Jesus Christus.

Aanvaar die versoening met GOD wat Hy bewerk het.  Let wel God het dit bewerk. Die versoening, die vergifnis en die vrede met God.

Al kan ek nie ELKE DAG perfek lewe volgens die ByBEL NIE

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Al is jy depressief

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Al is jy nou ongelukkig

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Al is jy nou ontevrede

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Al is jy bang vir 2016

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Al voel jy jou lewe is ‘n mislukking

Jy is ‘n nuwe mens in Christus

Onthou en aanvaar:

Jesus sê:

Mat 12:20  ‘n riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitDOOF nie.

Want

Openbaring 21:5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut.

Die lidmate van die NG Kerk Thaba Nchu, waarvan Tweespruit deel is, is  

wonderlike entoesiastiese mense, selflose opofferende gelowiges. Dit was heerlik daar by hulle. Seën toegebid.

No comments:

Post a Comment