Friday 8 January 2016

IS DOGMA NODIG?


 

IS DOGMA NODIG?

Sommige kerkleiers en ander mense is deesdae gekant teen dogma. Hulle voel dit is verstarrend, oudmodies en onnodig. Is dit werklik die rede waarom hulle so voel? Is daar nie moontlik ander redes hiervoor nie. As ‘n mens aan ‘n bepaalde kerkgenootskap behoort sal die erfsonde en erfsmed ‘n probleem wees as jy net volwassenes doop. Wat maak jy met die kleine kinders in die kerk? Hoe verklaar jy hulle saligheid as iets sou gebeur? Wat van die Verbond? Moontlik is daar diegene wat ongemaklik is met kerklike dogmatiek of leerstellinge wat hulle mag egalitarisme be-oefen wat ‘n probleem het met die leerstuk dat Jesus Christus die enigste en ware verlosser is. Sommige mag dalk ateïste wees dan is leerstellinge ‘n warm patat om te hanteer.

Hoe dit ookal sy: dogma is nodig. Dogma is ‘n sistematiese nadenke oor die Skrif. Om ‘n voorbeeld te noem: om oor sonde ‘n ewewigtige opinie te mag hê kan ons tog nie net op Genesis 3 alles oor sonde vind nie. Daar moet na ander tekste gesoek en sistematies daarmee versoen word. Oor verlossing is Johannes 3 vers 16 nie die enigste teks nie, daarom moet ander teksverse gesoek en gesistematiseer  of gedogmatiseer word.

Dogma hoef geen bedreiging in te hou nie. Kyk ‘n bietjie met ‘n ander oog daarna. Dit is heerlik om dit te lees en aan die Skrif te toets of dit waar is aldan nie. Dit is ‘n rasionele en geloofstoets wat ons tot nuwe en heerlike ander insigte kan bring.  

No comments:

Post a Comment