Tuesday 1 March 2016

SA: PRESIDENT ZUMA SE TERMYN.


SA: PRESIDENT ZUMA SE TERMYN.

Op RSG vanoggend het prof. Amanda Gouws ‘n realistiese, binne ‘n bepaalde raamwerk, voorstel oor Pres. Zuma gemaak. Sy het gesê dat die DA se mosie van wantroue gaan nie slaag nie, en ook nie die staat van beskuldiging waarin hulle hom wil plaas nie. Die rede is voor die handliggend. Die ANC het ‘n meerderheid in die parlement. Die oplossing wat sy aanbied klink na ‘n moontlikheid: gee hom kwytskelding op al die moontlike aanklagte teen hom, sodat hy in  immuniteit teen vervolging kan aftree. Dit klink logies teen die moontlikheid dat hy aan presidensële mag vashou om vervolging vry te spring. Vir sommige mag dit reg klink. Die hang nou net af vanuit watter oogpunt jy dit benader. Vanuit ‘n regsoogpunt? Vanuit ‘n opposissie oogpunt? Vanuit Cope se oogpunt? Vanuit ‘n EFF oogpunt?

Die beoordeling van Pres. Zuma se termyn word deur ons agtergrond gekleur. Vir moontlik die meeste wittes sal die punte toekenning nie hoog wees nie. Maar vir die meerderheid ANC lede sal dit hoog wees, omdat die witkol in die maag van SA grom.

Pres. Zuma sal self in samehang met die Uitvoerende Bestuur van die ANC besluit tot wanneer hy aan bewind gaan bly. Wensdenkery help nie, veroordeling vanuit ons hoek dra niks by nie, ons kan net hoop die beste vir SA gebeur. Gelukkig is daar historiese faktore wat ons nie kan voorspel nie, maar wat tog op die ou end die beste laat gebeur. So die apokalips is nie hier met Pres. Zuma nie, maar dit verg nugtere denke om so onemosioneel as moontlik te dink.

No comments:

Post a Comment