Monday 21 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mat 5:12  Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.


In die Saligspreking gaan dit om vervolging. Die twee verse word saamgevoeg, omdat vers 12 die gevolg is van vers 11. Dit hang saam met die loon wat volg op beledigings, valse aantuigings en vervolging. Weereens moet ons die lyding wat ‘n gelowige verduur, verstaan in die lig van ons getuienisskap van Jesus Christus. Hier gaan dit nie om my persoonlike beledigings, vervolging of valse aantygings teen my byv by die werk of waar ookal nie. As ek vervolg word ter wille van Christus en sy Koninkryk word ek soos ‘n profeet van die Ou Testament gereken. Ek het opgestaan vir die welwese van my Heiland, Jesus Christus, daarom word en beledig. Slegs dan is my loon groot in die hemele. Die loon is die geloofsfeit dat jy kind van God deur Jesus Christus is en nou gelukkig daaroor sal wees, omdat jy God verheerlik het. Maar die loon wag ook in die hiernamaals.

No comments:

Post a Comment