Wednesday 2 March 2016

KOSPRYSE STYG.


KOSPRYSE STYG.

Weens die droogte in SA is hoër kospryse almal se voorland. Dit is veral problematies, omdat arm mense nog swaarder getref gaan word. Sou die Staat pryse subsidieër sou dit ‘n uitkoms wees. Maar met die Staatskas in ‘n nou kanaal twyfel ek of dit haalbaar is.

Wat nou gedoen?

Vir diegene wat kan aanpas, is die vraag: eet ons reg? Kyk ons na die kwaliteit en kwantiteit van voedsel?

Wat moet ons vermy: kitskosse. Smaak lekker, is moeiteloos, maar ongesond. Dit sit onnodige vet aan wat spanning op organe soos die hart en lewer plaas. Dit kos heelwat en veroorsaak dat ons medikasie by dokters kry vir suikersiektes en hoë bloeddruk. Maw finansiëel ‘n swak kopie.

Wat moet ons eet? Minder hoeveelhede. Kyk na die Europeane hulle is skraal, want hulle eet minder. Hulle gebruik minder medikasie.

Eet alle groente en vrugte bo die grond. Eet eiers en vleis. Kyk weer na hoeveelhede. Drink water, tee en koffie.

Die skaal sal praat en jou beursie glimlag en jou hart sal bokspring van blydskap.

No comments:

Post a Comment