Wednesday 23 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:13  Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

 

Ja, jy is die sout, maar nie koud.

Ja, omdat jy in Jesus Christus glo.

Ja, voordat jy Hom liefgehad het, het Hy jou eerste liefgehad.

Ja, jy is gedoop, daarom is daar hoop.

Jy behoort aan die liggaam van Christus, die kerk, want jy wil vir Christus werk.

Jy is die sout vir jou kinders en jou huweliksmaat.

Oppas dat die sout nie laf of in onbruik raak nie.

Wat ‘n uitdaging!

No comments:

Post a Comment