Sunday 27 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:17  “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Dit beteken dat Jesus Christus die prys wat die wet vir verlossing eis, namens ons kom betaal het. Daarom staan daar in Rom: 3: 21 en 22: “Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo.” Daarom word ons deur die geloof in Jesus Christus gered en nie deur die wet na te kom nie. Rom 5:1  “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;”

Waarom het Jesus Christus dan die wet kom handhaaf?

Die Bybel sê in: Rom 3:20  “aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.” Dus: ons is nie instaat om wet na te kom nie. Maar

dit beteken verder dat die funksie van die wet verander het. Ons word deur die wet meegedeel wat sonde is, daarom is die wet die kennis van die sonde.

Dus: die wet het ‘n kennis funksie, maar ook ‘n danbaarheidfunksie. Die Bybel sê in: Heb 12:28  Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.” Ons kom die wet na uit dankbaarheid,omdat ons gered is. Ons wil vir Jesus Christus dankie sê dat ons gered is, daarom handhaaf ons die wet ook as geldig vir ons. Nie om iets te verdien nie, maar jubellend dankbaarheid te toon. Maar

ons dankbaarheid is nie volmaak nie, want ons kan die wet nie volkome onderhou nie.  Alhoewel ons die wet nie volkome kan onderhou nie is dit die gesindheid wat welbehaglik in God se oë is. In Fil. 2:5 staan daar:  “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.” ‘n Dankbare gesindheid is genoegsaam, want Jesus sê in Luk 17:19:  “En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.” Dit was die woorde van Jesus aan een van die tien melaatses, wat Hy genees het. Daardie man se gesindheid was reg,  daarom het hy Jesus Christus kom dank vir sy genesing. As gevolg van dié melaatse man se dankbaarheidsgesindheid is hy regverdig verklaar. 

No comments:

Post a Comment