Wednesday 2 March 2016

HILLARY CLINTON OF DONALD TRUMP?


HILLARY CLINTON OF DONALD TRUMP?

Na super Dinsdag blyk dit dat die 2 kandidate mekaar die stryd om die President van die VSA in November gaan aansê.

Clinton so word beweer gaan Capital Hill se styl of status quo voortsit.

Trump sê dat hy nie polities korrek praat en so gaan optree nie.

Die Amerikaners het ‘n moeilike, maklike keuse om te maak.

Clinton gaan Obama se beleid met kosmetiese wysigings voort sit. Weet nie wat sy met die gevangenis op Kuba gaan doen nie; gaan sy dit sluit soos Obama dit wou of wil doen? Sy sal seker met Kuba goeie verhoudinge wil voortsit. Haar buitelandse beleid sal sy seker soos met John Kerry se onderhandelingstyl voortgesit word.

Trump kom uit die Republiekeinse stal. Hulle is meer geneig tot oorlog en inmenging in ander lande se sake. Trump het ‘n gewysigde “Monroe-leer” Amerika vir die Amerikaners. Muur tussen die VSA en Meksiko, staak Moslem immigrante en ander. Moontlike streng optrede teen Iran. Trump is baie gewild by die bloukraag werkers.

Hoe gaan die swak Amerikaanse ekonomie die kiesers be-invloed?

Kiesers binne die VSA het ‘n wêreldse verantwoordelikheid. Hulle stem raak almal op die aardbol. ‘n Stem vir ‘n wyse kanditaat is nodig.    

No comments:

Post a Comment