Friday 18 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Ons kan nie van vrede praat as daar nie konflik of oorlog is nie. Die een is die ander een se kant. Dit is soos ‘n muntstuk. Aan die eenkant is die voorkant en aan die anderkant die agterkant.  Die twee woorde is bykans onlosmaaklik aan mekaar verbind. Hulle is soos een muntstuk.

Gelowiges kan ook nie die problem vryspring nie. Alhoewel dit as een muntstuk beskryf kan word, word christene daarmee gekonfronteer. Christene is nie van die dilemma vrygespreek nie.

Wat met konflik gemaak? Dit moet hanteer word. Met watter gesindheid moet dit hanteer word? Die Bybel sê in Fil. 2:5: “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. “

Dit beteken dat ons elke konfliksituasie vredevol moet hanteer en benader.

Dit verg bomenslike insig en krag. Daarom is die volgende Bybelvers van krag: Fil. 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Die beloning bly nie uit nie. Vredevolle gelowiges is ipso facto kinders van God.

No comments:

Post a Comment