Friday 4 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.
Jesus Christus het gesê:

Mat 5:4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
 

Daar is verskil tusssen huil en treur. Om te huil is insidenteel. Maw dit is vir die oomblik. Dit gaan verby. Maar om te treur is om gedurig bewus te wees van ‘n trauma of erge pynlike ervaring.

Jesus sê dat ons geseënd is as ons altyd bewus sal wees van ons sondigheid. Dus is ons salig as ons daaroor sal treur. Maw as ons altyd bewus sal bly van ons sondigheid sal ons aanhou dit bely en sodoende sal ons sonde vermy. Ons is in hoopvolle situasie want Jesus sê in: Mat 11:28  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”

No comments:

Post a Comment