Friday 18 March 2016

SINK is briljant.


 

SINK is briljant.

Gister op die Vrydagoggend die 18 Maart 2016 het Leon van Nierop op RSG sy gebruiklike fliek resensie gelewer. Hy het die rolprent, SINK, hoog aangeslaan. Ons 2 dino’s besluit toe om die fliek te gaan kyk. Dit was om 7.45nm. By die vertoonlokaal aangekom sit daar net 2 ander fliekgangers. Ons was later darem tien in totaal. Die advertensies was skraal in ‘n wurgende ekonomie vertsaanbaar, maar hoe die eienaars van die teaters die pyp op finansiële gebied rook is ‘n wonderwerk.

Maar wat ‘n aangrypende rolprent. Van die begin of openingstoneel gryp dit jou en los jou nie tot die einde nie. Die openigsmusiek was briljant. Die uitbeelding van die vooruistrewende hedendaagse Afrikaanse jong egpaar was briljant. Hulle emosionele uitbeelding weereens briljant. Die swart aktrise as huishulp en moeder wat deur die pyn van haar verdrinkte kind moes emosioneel werk briljant. Die kontraste tussen die ryk wit jong paartjie wat moontlik Houghton in Johannesburg uitbeeld en die swart vrou wat in ‘n uiters goeie omstandighede gehuisves en menslik behandel word tot op ‘n punt van diefstal weereens briljant. Die kontras en soos dit werklik is die swart huishulpe op die sypaatjie wat die legoa’s of witmense bespreek en die donkerte van Afrika wat op hulle gesigte uitgebeeld word, weereens briljant. Die hare-probleem, die glip hantering van die ander ma’s by die kleuterskool, die swartvrou wat van Mosambiek is, moet haar visum hernu soos dit vandag in SA is, toe moes die wit vrou wat verwag na die swart dogtertjie omsien en as gevolg van die feit dat sy by die dokter hoor dat sy na ‘n lang gespook om kinders te mag kry, verdrink die swart dogtertjie. Die emosies wat dit oproep is oorweldigend.  

Hier is ‘n greep uit wat Leon van Nierop oor SINK gesê het:

“Dit is ʼn groot vreugde om te kan sê dat daar  ʼn Afrikaanse rolprent is, wat met reg sy plek kan inneem as ʼn aangrypende en boeiende kunsrolprent. Dit heet SINK en Brett Michael Innes het hier ʼn klein meesterstuk geskep wat mense lank sal laat praat.

ʼn Vrou uit Mosambiek (die bekroonde Shoki Mokgapa) word deur ʼn lewensveranderende tragedie getref, wat verband hou met die rolprent se titel. Sy moet dan besluit of sy by haar middelklas jappie-werknemers (briljant gespeel deur Anel Alexander en Jacques Bessenger) wil aanbly. Wat in hierdie paar dae gebeur, sal jou tot in jou fondamente skud.”


Baie geluk aan Brett Innes, Shoki Mokgapa, Anel Alexander en Jacues Bessenger vir julle spel en die draaiboek. Dit is wêreldklas.

Vergeet die politiek en kyk na die briljante fliek van SA. Afrikaans word ook onideologies en funksioneel hanteer.  

No comments:

Post a Comment