Tuesday 15 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.
Jesus Christus het gesê:

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Om honger en dors te wees, is ‘n basiese drang om bevredig te word. ‘n Gebrek aan voedsel en water, wat die lewe is, is oorheersend by elkeen van ons as ons ‘n tekort of geen voedsel en water het nie.  As ons gebrek aan die twee elemente van lewe het, stel ons alles in die werk om dit te bevredig. Dit is sekerlik die sterkste drang wat by elkeen van ons aanwesig is.

As ons dieselfde onversadigbare en sterkste drang soos vir voedsel en water vir Jesus Christus het dan sal dit bevredig word. Jesus sê in Joh 6:35  “En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.” Dit beteken net eenvoudig dat ons in Jesus Christus moet glo.  Dit is een klein stap wat ‘n ewige vreugde behels.

GEREGTIGHEID beteken om by God deur Jesus Christus regverdig verklaar te word. Deur te glo het ons die geregtigheid wat Jesus bewerk het, verkry. 

Wat sê die Heidelbergse Kategismus, Sondag 7, vraag 21:

“Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?

Antwoord: 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a)  Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16”

Bron: http://www.nhka.org/index.php/so-glo-ons-11/ref-belydenisskrifte/heidelbergse-kategismus.html

No comments:

Post a Comment