Monday 7 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

 

Sagmoedig kan ook beteken: saggeaard, minsaam welwillend, teer en sagaardig. Maar die teenoorgestelde is: hard, hardvogtig en hardhandig.

Jesus sê dat as ons sagmoedig is, sal ons welwillenheid op aarde ondervind. Sy woorde is waar, want elkeen wat sagmoedig is, sal kan getuig ‘n sagmoedige is maklik in die sosiale omgang met mense. Sagmoedigheid is ook bevorderlik vir die uitbreiding van die Evangelie. Om sagmoedig te wees, verg gebed en selfbeheersing. Ons is van nature geneig tot die kwade. Sonder ‘n behoorlike opname van ons persoonlikheid, sal ons faal.  Maw met gebed en ‘n ontleding van wie ons is, sal ons slaag.    

No comments:

Post a Comment