Wednesday 2 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:14  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

Mat 5:15  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

Mat 5:16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

 

Om lig te veroorsaak, verg energie. In elke land is daar ‘n Elektrisiteitsverskaffer wat energie opwek, sodat daar lig kan wees. Die energie word deur fossiele, son, gas en kerkrag veroorsaak. Maw die energie verg aksie. Energie verg deurlopende toesig en evaluering. As die operateurs nie hulle meterborde dophou nie mag daar ‘n onderbreuking in die kragvoorsiening plaasvind.

Jesus sê dat ons sy lig is. Ons is die Evangeliese Lig. Ons is die Goeie Nuus se lig. Dit verg beslis ‘n keuse vir die Evangelie. Die verg beslis dat ons dieselfde gesindheid as Jesus Christus moet besit.  Dit verg dat ons die vrugte van die Heilige Gees moet dra. Onthou die kragbron. Sonder die kragbron Jesus Christus kan ons nie, maar met hom is ek tot alles in staat.

No comments:

Post a Comment