Thursday 17 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Die Griekse woord vir rein kan ook onder andere beteken om skoon te wees, geknip of gesnoei te wees. Die betekenis moontlikhede pas so in by die Evangelie. Ons weet nou om rein te wees is om ‘n skoon gewete en ‘n skoon lewe te hê. Maar dan weet ons ook dat ons nie aldag skoon is nie. Die ander betekenis van om geknip of gesnoei te wees, is soos Jesus se boodskap van hoop vir ons is. Jesus Christus begeer dat ons skoon en dus rein sal wees. As ons faal, is hy daar om ons te snoei en reg te knip sodat ons skoon of rein sal word.   

As Jesus Christus ons skoon gewas het met sy bloed dan is ons rein. Ons word deel van die skoon word proses deur te glo en te bid.

Nadat ons skoon gewas is, sien ons God in sy woord en aanskou ons sy openbaring vir ons.

No comments:

Post a Comment