Thursday 3 March 2016

DIE BOEKKLUB IS TOPS.


DIE BOEKKLUB IS TOPS.

Die Boekklub op Kyknet verdien ‘n kompliment. Louis Pretorius het hier ‘n byderwedse Drama beet. ‘n Soort eksistensiële drama wat die geskakeerdheid van liefde vertoon. Liefde is sekerlik nie net enkelvoudig nie, maar bevat ‘n meervoudigheid. In Boekklub kry ons kind ouerliefde, onderwysers-liefde, gay-liefde, vergane huweliksliefde, vergane vaderlike liefde en ‘n smakie van spookstories by. Daar is die verkragtingsage, siniliteit en heelwat meer. Die raskwessie in humor sin aangeraak, en godsdiens op alledaagse vlak ge-ent.

Dit bevat na my mening ‘n onderlaag van liefdesetiek wat helend kan wees. Die geweldige pluspunt van so ‘n drama is dat dit die skokkende werklikheid so naak realisteit uitbeeld dat dit treffend is.

Voorwaar ‘n keerpunt in Afrikaanse TV kyk. Geluk ook aan Kyknet wat dit beelsend.

No comments:

Post a Comment