Thursday 31 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:23  As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

Mat 5:24  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Jesus sê vir ons volgens bogenoemde verse dat ons nie kerk of allerheilge handelinge moet uitvoer as daar iets skort tussen ons en ons naaste nie. Dit help nie ek bid, lees Bybel, gaan kerk toe as ek weet daar is iets verkeerds in ons verhouding met my man, vrou, kinders, ouers, skoonfamilie en ande mense nie. Sulke heilige handelinge is hol.

Jesus se raad is moeilik: gaan versoen jou met die een met wie ons of ek moeilikheid mee het. Dit vra van ons om oor ons weerstand van egoïsme te klim en om die minste te wees. Die maklike en moeilike weg is: gaan vra om verskoning.    

No comments:

Post a Comment