Tuesday 29 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:
Mat 5:21 “ Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.

Mat 5:22  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. ”

Jesus Christus beklemtoon die betekenis van die 6de gebod. Die engere implikasie is:  as iemand moord pleeg, moet daar voor die gereg verantwoording gedoen word. Maar daar is meer as net ‘n inhegtenis name by die wet betrokke. Die wyer betekenis lê op geestelike vlak. As iemand vir sy broeder sonder rede kwaad is, moet diesulkes voor die geestelike gereg geplaas word. Maw is dit nie ‘n oortreding van die liefdesgebod nie?   As iemand vir sy broeder onchristelike woorde toesnou, moet diesulkes voor die hulle gewete gedaag word. Maw is dit nie ‘n oortreding van die liefdesgebod nie? As iemand vir sy broeder in sy eer krenk, moet hulle die gevolge dra. Maw is dit nie ‘n oortreding van die liefdesgebod nie?    

No comments:

Post a Comment