Monday 21 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.
Jesus Christus het gesê:

Mat 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Wat bedoel Jesus Christus met vervolging ter wille van die geregtigheid? Dit beteken dat jy jou gelukkig kan ag as jy ter wille van die Evangelie vervolg of te na gekom word. Dit beteken ‘n meer persoonlike saak. Dit raak jou en my persoonlik. Die rede is: ons is deur die geloof in Jesus Christus deur God geregverdig verklaar. Ons sonde skuld is deur Christus uitgedelg. Ons het geregtigheid verkry. As ons dus ter wille van ons geloof vervolg word dan is ons gelukkig. Dit handel nie oor ander sake waaroor ons vervolg kan word nie. Byvoorbeeld: as jou bure oor harde musiek jou aankla by die owerheid is dit nie terwille van jou geloof nie, maar oor rusverstoring.

So bid om die onderskeidingsvermoë as dit op vervolging neerkom. Die Bybel sê in Fil 1:10  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus. Dan is jy gelukkig of salig, want jou burgerskap van die Koninkryk van God wys duidelik.

No comments:

Post a Comment