Wednesday 16 March 2016

OORDENKING: PSALM 119:10


OORDENKING:  PSALM 119:10

                                                              GODVRUGTIG

                                      “Laat my nie afwyk van u gebooie nie.” Psalm 119:10


Iemand wat Godvrugtig lewe, dra die vrugte van die Heilige Gees: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbheersing” (Galasiërs 5: 22 en 23). Vir die Psalmis van Psalm 119 is godvrugtigheid die nakoming van die wet, die tien gebooie: “ Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam, want U verryk my lewe.” (Psalm 119:32). Dit kom op die volgende neer:: die Godvrugtige van die Ou Testament en dié van die Nuwe Testament het presies dieselfde gedrag geopenbaar. 

Alhoewel ons die begeerte het, om Godvrugtig te lewe, is dit moeilik om dit elke dag wel te doen.

Ons gees getuig saam met Paulus se ervaring: “So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen , is die slegte.” (Romeine 7:21). Dit beteken: ons het die voorneme om Godvresend te lewe, maar voor ons ons kom kry, doen ons die kwade. Daarom moet daar ‘n binne-geveg in ons  plaasvind. Ons moet die stryd aansê teen ons eie toegenëentheid tot die sonde.  Ons moet onthou: alleen sal ons die stryd nie kan wen nie, want die sonde is sterk. Oorwinning is net moontlik as ons ernstig met God hieroor in gesprek tree. Bid dus tot God om Goddelike  krag om ‘n innerlike oorwinning oor die diepgewortelde vlees te behaal. Hy sal die oorwinnig gee.  Hou moed, veg in die krag van God!

 

GEBED

Here Jesus, ons is moedeloos: ons wil so graag Godvrugtig leef, maar slaag nie daarin nie. Help ons om die onmoontlike te doen: gee goddellike krag daarvoor!

 

VRAE.

1.Toon aan op watter wyse Paulus se goeie voornemens wat deur die kwade gekelder word, met die inhoud van  Psalm 119 ooreenstem.

2. Teen watter vleeslikhede veg die Psalmis van Psalm 119?

No comments:

Post a Comment