Wednesday 16 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word

 
Om sensitief te wees vir die nood van ander is ‘n voortreflike deug. Om ander se stoflike en geestelike nood raak te sien, verg ‘n gevoelige hart vir die medemens. Die nood van ander is nie sommer ‘n item in die verbygaan nie. Die nood van ander behoort aangespreek te word. Ons behoort ander fisies te help.

Die rede is voor die handliggend. Jesus Christus was en is vir ons barmhartig en sal dit ook in die toekoms wees. Hy is gister en vandag dieselfde. Hy het in die verlede barmhartigheid aan die kruis vir ons bewys. Sy groot barmhartige daad, is die oorsaak dat ons sondes vergewe is.

Het ons enige rede om barmhartigheid te weier. Sekerlik nie. Dog ons moet bid dat Jesus Christsus ons sal lei dat ons nie uitgebuit sal word nie.   

No comments:

Post a Comment