ABSA: So dit is nie die einde nie, maar ‘n
nuwe begin!
What
must have been a touch-and-go decision would have been tipped by the Rand’s
Nenegate-inspired plunge which highlighted the risk of having a large chunk of
the business exposed to such a volatile environment.
http://www.biznews.com/sa-investing/2016/02/29/why-barclays-is-selling-absa-under-performance-in-s-only-half-the-story/?utm_content=buffer74408&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=buffer
Bogenoemde berig spekuleer oor Barclays
se disinvesteringsplan met ABSA. Ons moet net onthou:
ABSA was voor die Barclays oorname ‘n
eg SA bank. Remgro en Sanlam was die hoofaandeelhouers. Hulle het hulle
aandeelhouding aan Barclays verkoop. Nog voor dit was ABSA ‘n samevoeging van
Volkskas, Trust Bank, United en Allied Bouverenigings. Eg SA’s.
Op die oomblik beskik ons in SA
sakemanne, as oorsese ouens nie belangstel nie, om ABSA oor te neem en aan te
gaan. My opinie is nou bloot hipoteties en het geen gronde nie.
Mnr. Whitey Basson is met Shoprite in
Afrika, hy sou saam met sy vennoot mnr. Christo Wiese, wie ‘n briljante
onderhandelaar is, Barclays kon nader. Mnr. Wiese het by Sir Richard Branson die
Virgin Active Ontspanninggroep billik bekom. Voeg die volgende mense by: mnr.
Jannie Mouton van PSG, Discovery wil ‘n Bank begin, Die Hoof van die Zionkerk,
Mnr. Tokio Segwale, en talle prominete Swart sakemanne.
So dit is nie die einde nie, maar ‘n
nuwe begin!
No comments:
Post a Comment