Thursday 31 March 2016

SIEKVERLOF.


SIEKVERLOF.
Gisteraand, 30/03/2016, op KykNet se E-Nuus was ‘n berig oor Siekverlof. Die afwesigheid van werknemers in die arbeidsmark weens siekverlof is ‘n beduidende bedrag geld wat in produktiwiteit verloor word. Die algemene siektes is verkoue, chroniese hoof en rugpyn asook emosionele redes soos depressie.
Hierdie is ‘n ingewikkelde ding. As ek reg is, het Google ‘n ander soort van benadering. Binne die werkplek is daar beddens en ontspanningsgeriewe. Werkers kan opstaan en die geriewe gebruik.  Moontlik is hulle afwesigheidsyfer kleiner.
Moontlik kan iemand ‘n behoorlike Universiteitstudie hieroor doen.
Moontlik kan werkgewers sielkudiges inspan om met hulle werknemers oor hulle werksomstandighede praat.
Moontlik is persoonlikheidsprobleme ook ‘n faktor.
Moontlik trek bepaalde werke sekere persoonlikhede met bepaalde afwykings.
Moontlik moet werkers met hulle base direk gaan praat.
Stil bly en skinder en negatiewe gevoelens kan ‘n mens jou werk kos. Praat liewer en soek die positiewe in jou aaklige werk. Moenie halsoorkop bedank nie. Vermy negatiewe opmerkings op FACEBOOK en allerhande internet webblaaie, jou base lees dit, en dit kan nadelig wees.

No comments:

Post a Comment