Wednesday 2 March 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

As ons weet dat ons van Jesus Christus afhanklik is dan is ons salig of gesëend. Waarom? ‘n Christus afhanlike lewe, lei tot ‘n veilige lewe. Ons begeer almal ‘n veilige lewe. Maar ‘n sodanige lewe se lewensverwagting is nie net tot die aarde beperk nie. Op aarde wil ons veilig en gekoester lewe. Ons wil nie bedreig word deur ander mense of dinge nie. Maar die aarde het ‘n beperkte raklewe. As ons dus ‘n Christus afhanlike lewe lei, het ons nie ‘n beperkte raklewe nie. Ons geloof in Christus Jesus het nie ‘n afsnypunt nie, maar ‘n veilige tydlose lewe in Christus Jesus.

No comments:

Post a Comment