Sunday 28 February 2016

SA: LIG BY TUKKIES, ROMMELSTATUS EN BARCLAYS AFRICA.


SA: LIG BY TUKKIES, ROMMELSTATUS EN BARCLAYS AFRICA.

Dit is verblydend dat Afriforum se groep en die ANC se groep begin praat het met mekaar om die impasse by Tukkies te verlig. Hulle onderhandel oor Engels, Afrikaans en Sotho as onderrigstaal by UP.

Om te praat is beter as beskermingskettings te vorm, en klippe te gooi, en geboue af te brand. Ons hoop daar kan konsensus bereik word, sodat UP met sy onderrig kan aangaan. Daar kort ‘n kortvat aksie om wanorde uit te skakel. Vertrou die Minister van Hoër Onderwys sit sy voet neer en roep SAPD in.

Met die kabaal rondom die Minister van Finansies en die hoof van die SAID is rommelstatus ‘n uitgemaakte saak. Vertrou daar is iewers leierskap om saak op te los. Mnr. Mantashe, Sekretaris-generaal van ANC wend ‘n poging aan. Hoop hy slaag. Rand se val het geen boom nie. Gevolge vanselsprekend.

Barclays Africa se disinvestering is finansieël logies. Die dividende verdien in Rand is maar min. Dit s nie meer ‘n groei belegging nie. Plus die konteks waarin sake gedoen word. SA is op die oomblik onstabiel. Sosio-polities lyk sake bleek, want leierskap en die wil om behoorlik te regeer ontbreek.  SA se prentjie lyk soos die 80’s. Investering het grootskaals plaasgevind. Ons het oorleef. Ons middeklas kan nie nou uit SA nie, want die Rand is te swak.  

‘n Uitdaging wag, maar Fanus Rautenbach het gesê en gevra: wat is boeresport? Dit toutrek en dwarstrek. So wat ‘n vrolike prentjie. Sing: ons lewe!

No comments:

Post a Comment