Wednesday 17 February 2016

IS AFRIKANERS RIP VAN WINKELS?


IS AFRIKANERS RIP VAN WINKELS?

Hoe hanteer sommige Afrikaners die nuwe situasie? Afrikaans word by sommige Universiteite aangewend as politieke speelbal om Politieke punte aan te teken en dat die strydrosse na die tyd kan spog dat ons(EFF, ANCYL en andere) gewen het en gesorg het dat die onderdrukkers op hulle plek gesit is.

My opinie is dat sommige Afrikaners in 1948 aan die slap geraak het, en nou wakker geword het.

Aanvaar nou: die Nasionale Party is morsdood. Daar is nie eens ‘n grafsteen opgerig nie.

Aanvaar nou: die Broederbond is morsdood. Die toneelstuk van hulle het die ligte uitgedoof toe hulle in 1948 dmv die NP die ghitaar geslaan het. Hulle het dit self erken dmv die toneelstuk wat hulle geskiedenis uitgebeeld het.

Aanvaar nou: Afrikaans is in ‘n oorlewingstryd. Dit verg nou progressiewe denke en nie regressiewe denke nie. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns kan konferensies hou dat hulle blou in die gesig is, maar as hulle nie nou daadwerklik iets doen nie verstar dit alles en gebeur niks.  Hou op om ander te blameer in die land wat net praat en niks doen nie; ons doen dieselfde.

Aanvaar nou: ons is in ‘n Afrikaland. Ons is ‘n minderheidsgroep asg van historiese faktore. Ons getalle is ver in die minderheid. Dit verg daadwerklike progressiewe denke.

Aanvaar nou: die Grondwet gaan nie 1948 vir ons in stand hou nie. Die Grondwet word deur regters vertolk en dit is al. Niemand voer dit uit as dit nie die massas bevredig nie. Afrikaans gaan nie deur die grondwet orent gehou word nie. Die Grondwet is ‘n stuk papier. Die Sunday Times het dit al in die 60’s geskryf. Jou hoop is op sand gebou as dit op die Grndwet gebou is.

As ons nie Rip van Winkels wil wees nie; doen dinge. Hou ‘n daadwerklike Reddingsdaadbond.

Ons het: die vermoƫ.

Ons het: ‘n heerlike land.

Ons het: die internet.

Ons het: ‘n eie TV kanaal.

Ons het: genoegsame Universiteitsdosente om ‘n hele Universiteit te beman.

Ons het: genoegsame onderwysers om Afrikaanse skole te beman.

Ons het: sommige het fondse.

Hou op kla. Hou op blameer. Hou op geld mors op hofgedinge.

Rip van Winkel dit is 2016. Jy is in Afrika. Die meerderheidmense praat nie Afrikaans nie. Skei van die Regering om hulp.

Die antwoord is: PREDIKAAT.

No comments:

Post a Comment