Saturday 20 February 2016

Die grondkwessie is ‘n ellendige probleem vir…


Die grondkwessie is ‘n ellendige probleem vir…

Die grondkwessie is ‘n ellendige probleem vir diegene wat in ‘n land soos SA woon. Ook gekwalifiseerd beteken dit: dit is ‘n probleem vir diegene wat grond het, maar geen politieke mag meer het nie. Die Staat, ANC,  WAT DIE MEERDERHEID van die land verteenwoordig se ondersteuners het volgens hulle bykans geen grond nie. Wat die grondbesitters nou ookal statisties, histories of wat ookal aanvoer, word deur die meerderheid nie aanvaar nie. Dit was een van die temas, naamlik die grondarmes van die meerderheid wat reggestel moet word, wat mnr Manteshe, ANC sekretarisgeneraal aangeraak het by die Uniegebou  oor rassisme. Dit kom nou telkens na vore.

In ons buurland Zimbabwe het die grondgryp plaasgevind met slegte ekonomiese gevolge, maar met gloeiende emosionele oorwinningskrete.

Namibië dreig nou ook: In Times is die opskrif: Namibia may soon take land by force – report.

Bron: http://www.timeslive.co.za/africa/2016/02/20/Namibia-may-soon-take-land-by-force---reporto

Wat die oplossing is, weet ek nie. Wat die probleem is, is bekend.

Moet ons maar sit en wag en kyk wat gebeur?

Moet ons Nederland as die oorsaak van die probleem, nader hark om grond op die enklawe te kry?

Moet ons st Helena eiland by die Engelse koop?

Of is dit dalk vir sommige nie so ‘n groot probleem nie?

Maak ons ‘n berg van ‘n molshoop?

Wat gaan die EFF doen?

Wat dink jy?

No comments:

Post a Comment