Friday 19 February 2016

EINDE VAN AFRIKAANS BY TUKKIES.


EINDE VAN AFRIKAANS BY TUKKIES.

Dit wil voorkom of die doodsklok vir Afrikaans by Tukkies gelui het. Prof de la Rey, rektor, is besig om taalbeleid in hersiening te neem na aanleiding van oa die demografie van die student.

Hoe gaan ons reageer?

Afriforum het hoe heldhaftig ookal weereens die konflik potensiaal vergroot deur dwars te staan oor die besprekingsgeleentheid van taal by Tukkies. Die Polisie moes kalmte bewerk tussen hulle en die EFF. Die optrede skep net destruktiewe reaksies en vergroot die rassespanning. Hulle het nog nie aanvaar dat ons die minderheid in SA is nie. Hulle het nog nie geleer om liewer hulle energie te mobiliseer vir die uitbreidng van Akademia, hulle eie Universiteit nie. Hoekom nie studente vir Akademia  daadwerklik werf nie. Laat die hof uit die prentjie. Gebruik die hofkoste om Akademia uit te brei. Maak dit ‘n volwaardige Universiteit.

Ons benodig so ‘n kreatiewe Afrikaanse “Yale” of “Harvard”  Universiteit soos Flip Buys van Solidariteit tereg gesê het.

Ons reaksie moet progressief wees en nie regressief nie. Nostalgie na 1948 beteken tans niks nie. Dit is 2016.  Ons is ver in die miderheid.

Vra dat Afrikaans as ‘n module en nie doseertaal vir alles aangewend word nie; eerder as inheemse taal op die Universiteite gedoseer word. Binne die konteks kan Afrikaans depolitiseer word en in sy breë konteks vanuit sy hetrogene ontstaanwyse aangebied word. Ontkoppel Afrikaans van Nederlands, want dit is tans nie polities korrek nie. Politiek bepaal die konteks. Niemand kan dit ontken nie. Kyk in SA na die bevolking en kyk hoe het politiek die landskap verander.

Lees asb Kabous Meiring se stuk in Netwerk 24. Dit gee die korrekte seining van die jonger geslag Afrikaners in SA. Dit gee mens hoop.

Hier is die skakel: http://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/kabous-meiring-afrikaner-is-sy-eie-grootste-vyand-20160218

No comments:

Post a Comment