Thursday 25 February 2016

SA HET ‘n ERGE MAAGONGESTELDHEID.


SA HET ‘n ERGE MAAGONGESTELDHEID.

As ons SA kon verpersoonlik sou ons kon sê dat SA ‘n erge maagongesteldheid het. Soos die ou mense gesê het dit is nou appelkoosmaag. Die voedsel verteer nie lekker nie. Die dieet

is ongesondekos wat by voedsel inry’s gekoop is. Die inry voedsel plekke begin ook met ‘n M maar dit is nie Mac Donald’s nie. Die souse het E toevoegings wat allergië veroorsaak. SA se katarsisse is soos Perde wie se ingewande se uitlate soos Harold Macmillan se winde van veranderinge klink. Of dalk soos Jona toe hy in die vis se maag was. Maagongesteldhede gaan met donderweer gepaard. Rennies is nodig vir die suur en brand wat dit veroorsaak.

Ons het in SA met die hele alphabet te doen. Tot die Z is daar, maar dit het geen uitwerking nie. Ons sou sonder die Z kon klaarkom. Ons sal by O al die ou standbeelde moet stoor; al die apartheidsgeboue as vuurmaakhout gebruik; ‘n nuwe minister van waterwese en sanitasie is nodig.

Die oplossing? Kasterolie.   

No comments:

Post a Comment