Tuesday 8 December 2015

VASGENAEL


 VASGENAEL

(Maar ek bly vasgenael;

 

ek is gekruisig,

 

sonder sig op die Almagtige;

 

net gerig op my eie bestaan:

 

oë wat aanhoudend traan:

 

ore egalig ingestel:

 

op die tirade van die tiran:

 

binneshuis.

 

Sonder weerspraak kan niemand,

 

vasgeskroei en ingeskroei,

 

die reuk van verbrande hare,

 

wat in die barbier se salon hang,

 

hanteer nie.

 

Hy bestaan nie:

 

hy weet nie hy werk nie:

 

hy sny hare:

 

hare wat verewig gaan vergaan.   

 

o God, dit is te laat! )

No comments:

Post a Comment