Wednesday 30 December 2015

JY VERDIEN DIE BESTE IN 2016. BLYDSKAP EN NET DIE BESTE VIR JOU!

Jy verdien die beste wense vir 2016. Jy is God se besondere mens.
Ons kan nie 2016 voorspel nie. Maar jy as begenadigde, al voel jy hoe oor jouself, moet weet jy is besonders in sy oe. Daarom maak nie saak waar jy op die aarde woon nie jy is toegerus om sukses en telleurstellings te hanteer. Die goeie Gewer het dit verniet aan jou geskenk.
Vra altyd vrae in 2016. Oefen meerderwaardige keuses en nie minderwaardige besluite in 2016 uit nie. Dink altyd kreatief in 2016. Vul jou gees met geestes sowel as geestelike stof in 2016. Ontspan: God en die aarde is wonderlik.

No comments:

Post a Comment