Wednesday 2 December 2015

PSALM 24 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 PSALM 24.

GOD IS ALMAGTIG.

Here Jesus,

hierdie hele aarde,

en al die inwoners van die wêreld,

die alles is U eiendom,

2. want U het deur U, Goddelike almag,

die aarde reg laat kantel,

en die skuinstehoek sekuur vasgepen,

sodat daar lewe kan wees.

3. Wie mag al hierdie wondere bewonder,

en wie mag luister na die stem van die Heilige Gees?

4. Slegs dié een wat in Christus inbegrepe is,

kan luister na die influisteringe van die Heilige Gees,

en slegs diegene sal getrou aan die inwendige krag,

van hierdie Heilige Gees vanpaste gedrag kan openbaar.

Slegs dié een in Christus sal in staat wees,

om na reg die wondere van die skepping,

vanuit God se blik, te waardeer.

5. So ‘n persoon sal persoonlik geseën wees,

met God se inwonende volheid,

wat geluk, geregtigheid en billikheid sal begiftig.

6. Diegene wat in Christus Jesus glo,

en innerlik gelei word tot Geesvervulde gedrag,

is die geestelike nageslag en erfgename,

van Abraham, Jesus en die Heilige Gees.

7. Daarom is daar blywende blydskap, 

in die wederbare hart,

want hierdie kragtige Koning van die Koninkryk,

is reeds in my inwonend. 

8. Wie is hierdie Almagtige Koning van die Koninkryk?

Dis die Grote God, Vader van onse Here Jesus,

wat alle mag in die hemel en op aarde het.

Hy regeer met oorheersende krag,

en Hy sal vrede en vreugde

tot in alle ewigheid bring.

9. Daarom is daar blywende blydskap, 

in die wederbare hart,

want hierdie kragtige Koning van die Koninkryk,

is reeds in my inwonend. 

10. Wie is hierdie Almagtige Koning van die Koninkryk?

Dis die Grote God, Vader van onse Here Jesus,

wat alle mag in die hemel en op aarde het.

Hy regeer met oorheersende krag,

en Hy sal vrede en vreugde

tot in alle ewigheid bring.

 

No comments:

Post a Comment