Monday 28 December 2015

DIE KERK HET ‘N BELANGRIKE TAAK.


DIE KERK HET ‘N BELANGRIKE TAAK.

Ongelukkig het sommige in die Kerk die Kerk  se taak verskraal tot sielewerwing. Sonder twyfel kan dit aangemoedig word, want Jesus Christus self het in sy eerste preek gesê: Bekeer julle, want die Koninkryk van God het naby gekom. Dog daar hou dit nie op nie. Sou die Kerk se taak daar stop sou ons die Skrif se vertolking verskraal, maar meer nog die Kerk in ‘n hoekie toeverf. Dan het die Kerk net met die innerlike van die mens te doen.

Maar die Bybel praat daarvan dat God alles geskape het. Dit staan sommer aan die begin van die Bybel God het die Kosmos, ja alles, geskape. Die Skepping van alle maaksels en dinge, staan nie om dowe neute aan die begin nie. Psalm 24 getuig daarvan dat die hele aarde aan God behoort. Dus nie net die siel van die mens nie, maar alles wat jy sien en wat jy nie van weet nie. God se eiendomdsreg is veelomvattend en alles insluitend. Dit is oa God se Koninkryk.

God het die Koninkryk goed en in ewewig gemaak. Ons glo Hy hou alles voorsienend instand. Dog, sy maaksels het van die aarde en soms van hulleself asg van die sonde misplaaslstes gemaak. Die aarde is weer woes en leeg, maar die korreksie het hy hier geplaas. Hy doen dit onmiddellik en deur middel van oa die Kerk.  Hy doen die korreksies ook dmv ander organisasie en ongelowiges wat dieselfde goeie doel het om oa die Aarde nie verder te besoedel nie om mense aan te moedig om paslik op te tree ens.

Maar die KERK se taak bly. Die Kerk het ‘n veelomvattende roeping om alle besoedeling op te ruim, om die armes te ondersteun, om teen eersugtige en ekonomiese oorlogvoering  te getuig. Die Kerk is net soos baie organisasies geroep om die gewete van die aarde te wees.  Die verskil lê in ons besondere verhouding met God. As die Kerk dit doen sal die aarde na die nuwe hemel en aarde op pad wees.  Berkouwer, 'n Nederlandse Teoloog het onderskei tussen die ordinatus van die kerk en die actus daarvan. Dit beteken dat die Kerk as orgaan alles moet doen, maar dat actus, die aksie, se voleinding daarvan in die hande van die Heilige  Gees is.       

No comments:

Post a Comment