Tuesday 29 December 2015

DONKERMAAN OOR DASPOORT


DONKERMAAN OOR DASPOORT.

DONKERMAAN OOR DASPOORT, was ‘n Radio-drama van die vyftigjare van die vorige eeu. Die SAUK se Afrikaanse diens het die aangrypende drama uitgesaai. Suzaan van Wyk was die Regiseur en Teksskrywer as ek reg onthou. Ek dink sy was haar tyd vooruit. In die naam dink ek is die simboliek opgesluit. Ons is soos 'n klomp dassies op 'n eensame plek. Die drama  het oor ‘n kosmiese katastrofe gehandel. In pregnante sin soos my proffie in Staatsfilosofie altyd gesê het, bedoelende kortliks: die subteks van die drama was die wete dat ons op aarde alleen in die grote heelal is. Niemand en niks kan ons help as die aarde sou ontspoor nie.  In die drama het die aarde uit sy baan geval asook die gevolg daarvan ‘n donkermaan. Die vrees van die aardbewoners word treffend in klank oorgedra. Gelukkig het sy die gehoor nie in wanhoop gelaat nie, maar ‘n deus ex machina toegepas om die aarde en die maan weer in sy baan te plaas.

Een ding is duidelik: ons planeet is klein in die groot heelal. Ons planeet is broos en ‘n katastrofe is nie uitgesluit nie. Ons kan met niks en niemand op die oomblik kontak maak nie.  Ons is alleen. Niemand kan ons help nie.

Net: Ons kan alleen op God se voorsienende genade vertrou. Net Hy kan sy werke, sy hande-werke in stand hou. Net hy kan sy natuurwette handhaaf. Net Hy alleen.

No comments:

Post a Comment